Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Omgord die Lende(ne) vir Jamie Oliver
06 Apr 2017
[In English]

Latest News

As u ooit vir Jamie Oliver op die TV in aksie gesien het, sal u weet dat die jongman weet waarvan hy praat - selfs oor wildslende ook. Daarom verstrek ek graag vandag een van sy resepte vir geskroeide wildsvleis, effe aangepas vir plaaslike bestanddele en volumes.

Waar hy glo dat 800 g wildsvleis genoeg is vir vier mense, glo ek dit is riskant as ek slegs 1,2 kg inspan. Maar nou is dit so dat ek vandag gelukkig voel.

Jamie sê geregverdig van die wildslende dat "jy sal verras wees oor hoeveel jy daarvan hou - die vleis smaak soos goedrypgemaakte biefstuk en dit kan baie sappig wees. Dit smaak goed saam met die vrugte daarin en dis aangenaam as dit saam met gestoomde, pers broccoli genuttig word. Sneeu-aartappels, witwortel en knolseldery gaan ook goed daarmee saam."�

Kap die tiemie en jenewerbessies met die punt van 'n koekroller in 'n metaalbak en voeg 'n gesonde skeet sout en swartpeper daarby. Maak dit sag met 2 goeie skeppe olyfolie. Klop die wildsvleis droog met toebroodjiepapier en vryf die oliemengsel daaroor.

Skroei die vleis aan alle kante in 'n warm pan - rofweg 6 minute vir mediumrou en 7 tot 8 minute vir medium, en jy is sertifiseerbaar as jy dit langer wil skroei!

Hangende die dikte van die vleis en die pan se hitte, mag dit 'n bietjie langer of korter duur om te bak - kyk dus na die vleis eerder as na die horlosie. Dis nou die tyd om op jou instink te vertrou. Verwyder uit die pan en sit dit vier minute lank op 'n bord wat met foelie bedek is..

Verminder die hitte onder die pan en smeer ruim met olie. Voeg die salotte en die knoffel by en braai sowat drie minute lank liggies totdat dit deurskynend en sag is. Verhoog die hitte weer, voeg die wyn by en laat dit tot die helfte verminder. Voeg die bloubessies by en laat dit vier minute lank prut, verwyder dan die pan van die hitte, voeg die botter by en skud die pan sodat die sous effe donker en blink word. Garneer na smaak.

Sny die wildsvleis in 2 cm skywe en bedien dit met die gestoomde broccoli of ander groen groente. Voeg die vleis se oortollige sous by die sous in die pan en skep dit oor die wildsvleis. Dit smaak absoluut fantasties.

Die inkopielys:
- 1 klein handjievol vars tiemie, blare af
- 5 gedroogde jenewerbessies
- Seesout en varsgemaalde swartpeper
- Olyfolie
- 1 x 1,2 kg wildslende, reggesny
- 4 sallotte, geskil en fyngesny
- 1 knoffelhuisie, geskil en fyngekap
- 1 glas robuuste rooiwyn
- 200 g vars bloubessies
- 2 groot skeppe botter



GSG

lekker wild

w2c