Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Die Volstruis Steek sy Nek in die Pot
26 Apr 2017
[In English]

Latest News

Ons ou spulletjie Afrika-mense is inderdaad 'n baie vreemde gemeenskap. Ons is lief om te spog oor al die Franse en ander vreemde disse wat ons nuttig. Tog ignoreer ons disse van eg Afrika-oorsprong waaroor buitelanders gaande is. Ek praat nou volstruis.

En volstruis smaak hoegenaamd nie na hoender nie - dit het 'n redelike sterk smaak, erens tussen bees en wild. Die grootste voordeel is dat volstruis uiters laag in cholesterol is - en dit is my na aan die hart!
Ander feite oor die volstruis is dat hy:

- sy oorsprong in Afrika het, maar dwarsoor die wereld versprei is en vandag van Kalifornia tot China voorkom
- nie net uitstekende vleis bied nie, maar dat sy leervel ook uiters gesog is
- die vinnigste tweebeendier op aarde is wat tot 65 km/h kan haal en tot 40 km binne 'n uur kan afle
- nie kan vlieg nie
- nie sy kop in die sand druk wanneer gevaar dreig nie, want hy kan homself deeglik verdedig deur sy vyand te skop of te byt
- nieteenstaande bogenoemde, as van iemand gese word dat hy sy kop in die sand wegsteek soos 'n volstruis, dan word bedoel hy ignorer sy probleem onnosel wyl hy hoop dat dit op 'n manier vanself sal verdwyn. Die gedagte is in 'Hitchhiker's Guide to the Galaxy', deur Douglas Adams in 'n grap omskep waarin die 'Ravenous Bugblatter Beast of Traal' beskryf is as "so verstommend dom dat hy aangeneem het dat as jy dit nie kan sien nie, kan dit jou nie sien nie."

Maar terug na die volstruisnekpotjie. En draf asseblief vinnig winkel toe met die inkopielys voordat ek in die versoeking kom om boonop 'n volstruisgrappie hier by te voeg:

30 ml kookolie
1.5 kg volstruisnekskywe
4 gekerfde preie
2 dik gekapte knoffelhuisies
5 ml gedroogde roosmaryn
250 g bruin sampioene in skyfies gesny
30 ml gekookte groen peperkorrels wat fyngedruk is
75 ml brandewyn
50 ml droe sjerrie
1 koppie rooiwyn en 1 koppie hoenderekstrak
½ koppie suurlemoensap
15 vars gepekelde uitjies
10 worteltjies
8 geskilde aartappeltjies
250 g gekookte spinasie, gekap en gemeng met 125 ml suurroom met spek, ham, kaas, neut en lemoensap bygevoeg
15 ml koekmeelblom
¼ koppie melk
"n skeut neut
sout na smaak

Verhit die olie in die pot en verbruin die vleis stukkie vir stukkie. Verwyder en sit eenkant. Braai die prei, knoffel, roosmaryn, sampioene en peperkorrels in dieselfde pot. Voeg die vleis daarby en verhit die brandewyn 'n titsel, giet dit oor die vleis en steek dit aan die brand. Voeg die verhitte sjerrie, rooiwyn en lemoensap by sodra die vlamme gaan le het. Sit die deksel op, verminder die hitte en laat twee uur prut of totdat die vleis sag is.

Plaas die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die deksel op en laat dit toe om nog so 45 minute te prut. Meng die spinasiekonkoksie met 'n degie van koekmeelblom en melk en skep dit versigtig oor die kos in die pot. Geur dit met neut en sout, bedek en laat dit nog sowat 'n kwartier prut.

Sit dan jou cowboy-hoed op en skreeu: "Kom skep of ek gooi dit vir die honde."



GSG

lekker wild

w2c