Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Die Koedoe-rugstring en die Prikkelpop
09 Jun 2017
[In English]

Latest News

Ek het verskeie jagters al hoor kla dat hulle nie mooi weet wat om met 'n koedoe-rugstring te doen nie. Dit lyk tog so onmoontlik om dit lekker te maak. Ek het nuus vir hulle.

Maar eers gou die storie van die Franse prikkelpop van die jare her, Brigitte Bardot, wat in die sestigerjare die wêreld se mans letterlik op horings gehad het. Sy was op 'n geheime besoek aan die Bosveld en, getrou aan haar natuur, het sy kaal in die bos gaan stap.

'n Britse jagter het 'n roering tussen die blare gewaar en skreeu toe: "Are you game?"

En, steeds getrou aan haar natuur, skreeu die mooie Brigitte toe terug: "Yes"

Toe skiet die Ingilsman haar wragtig! Met sy geweer.

Terug op 'n ander rug: vir hierdie rugstring-resep is 'n platboom-ysterpot nodig. En hy werk die beste in die oond - voorverhit op 160° C.

Nou vir die rugstring.
Verwyder alle vet en druk 'n tonnel van so anderhalf sentimeter met die steel van 'n houtlepel tot annerkant uit.
Verwyder alle vet van 'n rou hoenderbors en sny dit in fyn repies.
Meng die hoenderbors met die wit van 'n eier, biltongpoeier, naeltjies en sout en peper na smaak.
Plaas die hoender- en biltong-mousse in 'n pypsak en vul die holte van die rugstring daarmee. Maak die oopkant styf toe met 'n tandestokkie of 'n stukkie lyn.
Verhit olyfolie in jou platboompot tot matig en braai die vleis NET 2 minute per kant. Behou die sous.
Plaas die pot nou in die oond en bak duskant 'n halfuur. Verwyder en laat dit 'n paar minute rus voordat dit in skywe van so 2 cm gesny word
En dan vir die sous. Gebruik ruimskoots van die rooiwyn wat later op die tafel gaan verskyn en reduseer so 'n paar minute. Roer bietjie botter by om die sous effe te verdik.
Giet die sous dan oor die skywe en soos my liewe swaer, Deon de Wet, altyd gese het: "Daar's nou vir jou lekker!"



GSG

lekker wild

w2c