Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf
ibook

Algemeen / General


Nuwe Regulasies oor Wettige Wildsvleisverspreiding
27 Jul 2017

Latest News

Wildbedryf SA (WRSA) verwag eersdaags nuwe regulasies oor abattoirs wat dit vir wildboere moontlik sal maak om wild wettig vir menslike gebruik op hul plase te oes en te slag.

Ingevolge bestaande wetgewing moet by elke abattoir altyd ’n vleisinspekteur van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye aan diens wees. Dit maak dit byna onmoontlik vir klein, mobiele abattoirs wat net vir ’n paar dae op ’n wildsplaas werk, om wettig te funksioneer.

Dr. Peter Oberem, voorsitter van WRSA, het gesê dat die departement nou bereid is om boere toe te laat om van hul werkers as karkas-inspekteurs op te lei.

Sulke inspekteurs kan dan die eerste reeks inspeksies tydens die slagproses waarneem, voordat vleis na groter verwerkingsaanlegte verskuif word waar dit die moeite werd sal wees om volwaardige vleisinspekteurs te stasioneer.

Oberem sê wildsvleis kan ’n belangrike bydrae tot voedselsekerheid lewer, veral in Afrika, waar die grootste bevolkingstoename ter wêreld in die volgende 30 jaar verwag word.

Die implikasies hiervan vir jagters is dat diegene wat graag vleis wettiglik wil versprei wat hulle gejag het, dit nou in alle waarskynlikheid sal kan doen indien hulle die nodige opleiding bekom het.

[ Back ]



lekker wild

pinot