Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Topklas Jag by die Juweel van die Karoo
27 Jul 2017

Nicholas Olivier met sy eerste bok, 'n lieflike 15 3/4 duim springbokram
Nicholas Olivier met sy eerste bok, 'n lieflike 15 3/4 duim springbokram

Die Jules of the Karoo gastehuis
Die Jules of the Karoo gastehuis

Die onthaal area binne die gastehuis
Die onthaal area binne die gastehuis

Latest News

Related Articles

Jules of the Karoo is ‘n naam wat lank reeds onder beide plaaslike en internasionale jagters bekend is as dié premium handelsmerk van Karoojag.

‘n Helder visie gekoppel met meer as vier dekades se fyn beplanning, knap bestuur en bitter harde werk deur Julian Theron het gesorg dat Jules of the Karoo heel bo aan die lys is wanneer kenners praat oor die beste springbokke in die land. Pryswenner wild word al vir baie jare geteel op hierdie pragtige plaas net buitekant De Aar.

Vroeër vanjaar is rekords weer gebreek toe die springbokram Hercules vir ‘n asemrowende R1,55 miljoen op ‘n wildsveiling verkoop is. Die springbokke wat op dié plaas rondloop is waarlik die room van die oes, en dis ‘n belangrike rede waarom jagters van heinde en verre toustaan om hier te kom jag.

Die vlak van organisasie wanneer dit by die jag kom beïndruk van meet af aan, want by Jules is daar geen plek vir sukkelplanne nie. Met letterlik ‘n vloot van bakkies wat vervoer verskaf aan jagters en ondersteuningspersoneel word ‘n voorsitjag met militêre presiese uitgevoer. Die skietstoele wat verskaf word is sonder twyfel die beste beskikbaar, want dit bied volle 360 grade rotasie met ‘n bankvas ingeboude mikstok op die armleuning. As jy dus ‘n bok mis skiet is dit nie as gevolg van ‘n gebrek aan dooierus nie. ‘n Baie lekker kospakkie vir die veld beteken ook dat geen skut honger sal ly tydens die jagtog nie.

Wat verder opvallend is, is die deurdagte wyse waarmee karkasse reeds in die veld afgeslag en afgespuit word met ‘n mobiele waterpomp voordat dit vervoer word na die abattoir. Vleisskade word geëlimineer want bokke wat geskiet is word gereeld opgetel en daar is geen karkasse wat in die veld lê en deur brommers en ander peste besmet word nie.

Die gehalte van die wild en die jagervaring self is egter slegs ‘n gedeelte van Jules of the Karoo se bekoring, want dis met die verblyf en versorging waar besoekers besef dat vyfster behandeling nie net vir die adel beskore is nie. Martisan Theron staan aan die stuur van die uitstekende akkommodasie en kombuis, en gaste word onthaal soos ou bekendes.

Die beste manier om ‘n jag op hierdie plaas te geniet is om gades en kinders saam te bring. Daar is inderwaarheid al etlike jagte aangebied waar drie generasies saam kon kuier. Terwyl die jagters in die veld is, ontspan die nie-jagters voor die groot kaggel in die gastehuis se sitkamer ver weg van die Karoo se winterkoue.

Die akkommodasie by Jules bestaan uit elf en suite kamers en allemintige maaltye word bedien by ‘n lang tafel waar gaste etes saam met die Theron-gesin geniet. Die geriewe is van so ‘n aard dat groter groepe met gemak hanteer kan word, en die gastehuis is ook ‘n gewilde keuse vir bruilofonthale.

Julian, tesame met sy seuns Jozua en Izak is bekend vir die moeite wat hulle doen met die jagters. As sulks is daar elke jaar kom besoek talle oorsese jagters wat deur vriende aanbeveel is, of self weer terug kom vir nog ‘n skitterende jag. Vir diegene wat gelukkig genoeg is om ‘n jongeling vir ‘n eerste jag na hierdie plaas te neem is ‘n onvergeetlike ervaring gewaarborg.

Jag van wild by Jules of the Karoo word reg deur die jaar aangebied aangesien die plaas vrystelling geniet, met die wintermaande natuurlik die mees gewilde seisoen. Jaggeleenthede is uit die aard van die saak beperk aangesien vorige kliënte en jaggroepe voorkeur geniet. Navrae rondom beskikbaarheid kan gerig word aan die kontakbesonderhede soos verskaf by www.julesofthekaroosafaris.com.

[ Back ]



T&J