Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Indiese Kos Hoef nie die Verf van 'n Pilaar af te Brand nie!
01 Sep 2017
[In English]

Latest News

Dit is 'n mite dat Indiese kos, veral kerrie, as 'n reell so branderig is dat dit die verf van 'n houtpilaar af sal brand. Toegegee, tradisionele Indiese kos is baie ryk aan speserye. Maar dis gewis nie altyd onhoudbaar branderig nie.

Vandag bekyk ons gekerriede wildsvleis van naderby om daardie vleis wat nog ydel in die vrieskas 'n slag te benut. Laat ons egter eers mooi kyk wat ons in die inkopiemandjie behoort te he:

1½ kopppies gekerfde uie
3 gekerfde selderylote
2 gemaalde appels
¼ koppie slaai-olie
2 teelepels kerriepoeier
1 teel;epel sout
½ teelepel peper
¼ teelepel gemmer
¼ teelepel Tabasco
½ teellepel Worcestershire-sous
2 koppies aftreksel
¼ koppie meel
1,5 kg blokkiesgekerfde koedoe, gekook
Room of melk na smaak
1 eiergeel, geklop
3 koppies gekookte rys

Verbruin die uie saam met die seldery en appels in olie. Roer kerriepoeier in en laat dit vyf minute prut. Voeg oorblywende geurmiddels en aftreksel by en kook dit 20 minute. Roer die meel gemeng met water in en kook dit vyf minute terwyl dit aanhoudend geroer word totdat dit geset het.

Verwyder van die hitte en laat dit 'n uur staan. Herverhit en voeg die gekookte vleis, room of melk en eiergeel by voordat dit opgedis word. Verhit tot kookpunt terwyl dit aanhoudend geroer word. Bedien dit op die rys.



GSG

lekker wild

w2c