Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Vergeet die Rooirokbokkie, Gaan vir die Rooiboknek
31 Oct 2017
[In English]


Latest News

Daar is min filette wat met varknek kan vergelyk. Dis eenvoudig vingerleklekker. 'n Lekkerny wat enige man kan verlei.

Maar moenie 'n rooiboknek vlak kyk nie. Die goue reël hier is egter: hou by eenvoud en wees uiters versigtig met die voorbereiding van die nek voordat dis dis ter potte gaan. Dis noodsaaklik.

Dis waarom ons met die voorbereiding van die vleis begin. Stap een is om die gorrelpyp van die onderkant van die nek te verwyder.

Stap twee is om die nek om te keer dat die onderkant bo is en om dan die vleis met die mespunt van die been te skei tot by die geel koord wat al langs die bopunt van die nek loop.

Stap drie is om die nek om te draai en die vleis op dieselfde wyse aan die ander kant te verwyder. Die geel koord moet dan versigtig verwyder sodat die vleis een soliede stuk bly.

Nou vir die bedstanddele: Ons hou dit eenvoudig en vat nie die kwessie van bedstanddele appélhof toe nie. Sout, varsgemaalde peperkorrels, fyngekpate knoffel, koningskruid, origanum en lourierblare is voldoende.

Smeer die binnekant van die nek nolu met sout, gemaalde peperkorrels, gekapte knoffel, koningskruid, origanum en "n gemaalde lourierblaar.

Die volgende stap is om die nek op te rol en dit met slaghuislyn vas te bind. Rol dan die die buitekant van die nek 'n mengsle van sout en peper na smaak.

Persoonlik verkies ek om dit in 'n platboompot gaar te maak vir eweredige hitte dwarsdeur die nek. Dis hier waar die geduld ter sprake is. Dit moet teen baie lae hitte gebak word - ten minste agt uur lank. Sny 'n klein stukkie af en proe of dit gaar is en of dit nog 'n uur of wat aandag nodig het.
Nooi dan die baas - as jy regtig-egtig daardie bevordering wil hê!



GSG

lekker wild

w2c