Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Wilde-eend met Pekanneut-vulsel
30 Nov 2017
[In English]

Latest News

U hoef nie in wanhoop te verval en weg te kruip as daar teen middagete op 'n Sondag skielik onverwagte kuiergaste opdaag nie - dis nou as u gelukkig genoeg is om twee wilde-eende byderhand te hê.

Hierdie resep sal julle binne minder as 'n uur heerlik laat weglê aan die twee eende.

Uit die sopens sal u nodig benodig:

2 wilde-eende
4 koppies sagte breoodkrummels
1 koppie fyngekapte uie
1 koppie gekpate pekanneute
1/2 koppie melk, bykans op kookpunt
1 koppie tamatiesous
1/2 cup of chilli-sous
1 koppie fyngekapte seldery
1 koppie saadlose rosyntjies
1/2 tlp sout
2 geklopte eiers
6 snye spek
1/4 koppie worcestershire-sous

Metode:

Meng die broodkrummels, seldery, uie, rosyntjies, neute en sout saam. Voeg warm melk by die geklopte eiers en voeg dit by die mengsel.
Maak die eende skoon en stop met die vulsel. Maak die skeure toe met tandestokkies of werk dit toe.
Sit in 'n braai-oond en bedek elke eend met drie stroke spek. Bak onbedek in oond op 180º C - laat 15 tot 20 minute per kg toe.
Voeg die laaste vier bestanddele twintig minute voor opdientyd by en bestryk die eende met die sous.
Garneer met pietersielie en lemoensnye met 'n paar soet bosbessies in die middel van elke sny.
Skep die vet uit die sous en bedien dit saam met eende.



GSG

lekker wild

w2c