Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe


Jaggewere te kus en keur by nuwe jaarlikse uitstalling net vir jagters
07 Jun 2010
[In English]

Latest News

Die grootste verskeidenheid topgehalte ingevoerde jaggewere sal van 15 - 17 April 2011 by HuntEx2011, die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se nuwe jaarlikse jagskou, by Gallager Convention Centre te sien wees. Dit blyk dat oorsese vervaardigers en plaaslike verskaffers nie gras onder hulle voete laat groei om hulle produkte aan die Suid-Afrikaanse jagtersmark bekend te stel nie.

Produkte wat ten toon gestel gaan word by HuntEx2011 is Sako-, Tikka-, Browning-, en Howa- jaggewere.

Besoekers by HuntEx2011 sal egter meer kan doen as om net hierdie gesogte jaggewere op 'n afstand te bewonder. Voornemende kopers sal vooraf 'n afspraak kan maak om die jaggeweer of -gewere van sy keuse van nader te bekyk en dit selfs op 'n binnenshuise senterslag skietbaan op dieselfde perseel uit te toets.

Maar 'n jaggeweer beteken niks sonder die regte ammunisie en visier nie, en by HuntEx sal jagters kundiges se raad kan vra oor die regte ammunisie om die beste uit hul nuwe jaggewere te kry. Highland ammunisie, Sierra punte, Nikko Stirling teleskope en Ridgeline kamoefleerdrag sal ook beskikbaar wees.

Kopers sal ook by die skou vir 'n wapenlisensie kan aansoek doen. Die organiseerders van HuntEx2011 is hard aan die werk om die frustrasie en beslommernis van vuurwapenlisiensie-aansoeke vir die jagter uit die weg te ruim. Hierdie planne vorder fluks, danksy die goeie samewerking wat die organiseerders van handelaars,diensverskaffers en ander rolspelers in die vuurwapenbedryf kry. Onderhandelinge duur voort om hierdie aspek van die uitstalling verder uit te brei.

Die gewildheid van sportskiet neem skerp toe onder Suid-Afrikaners en ernstige sportskuts en beginners sal die nuutste Hatsan-windgewere kan besigtig en uittoets.

Vervaardigers en Handelaars wat ook deel wil wees van die grootste jaguitstalling ooit, kan gerus vir Adriaan Woudstra kontak by adriaan@huntex.net , tel 012 803 5986 of faks 086 513 1103, of www.huntex.netbesoek vir meer inligting. Stalletjies kan ook aanlyn bespreek word op die webwef.