Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Credo Van 'n Jagter: Jag Om Weer Te Jag - Die Geheim Van BBD/ECS
22 Jan 2009

Latest News

Jag is 'n kultuurerfenis. 'n Wilde stelling? "Ja"�, 'n eeu gelede toe jagters wild feitlik uitgeroei en dit kwalik elders as in reservate oorleef het. "Nee"�, in die laat twintigste eeu toe kommersiële jag ontstaan en die prentjie so omgekeer dat:
"¢ daar meer wild in Suid-Afrika is as op enige gegewe tyd van 1900 tot 1990
"¢ daar meer wild in privaatbesit as in natuurreservate is
"¢ daar meer grond agter wildheinings as agter natuurbewaringheinings is
"¢ jag 'n substansiële bydrae tot die ekonomie lewer.

Jag kan egter nie bloot in geldwaarde gemeet word nie. Dis oneindig meer as die skiet van wild, want die volhoubare voordele en lewensgenot wat uit jag geput word, hou ook verantwoordelikhede in. Dit woord beliggaam in die BBD-faktor: B - Benut; B - Bewaar; D - Deel. Op syn Engels: E - Enjoy; C - Conserve; S - Share.

Benut: Benutting van die natuur skep waarde wat iemand tot sy voordeel sal gebruik sodat ander dit kan benut. Maar daar is 'n voorwaarde: die natuur moet in sy geheel benut word, nie net sy jagbare spesies nie. Die jagter moet kennis neem van die totale natuur in sy jagomgewing: van die kleinwild, die gras en die bome, die voëllewe en erosie.

Bewaar: Wie't nie al 'n "mog-het-treffe"�-skoot geskiet nie? 'n Dier geskiet wat nie benut is nie? Blikkies en rommel op die jagveld agtergelaat? Self iets vir die bewaring van spesies gedoen? Bewaringsinitsiatiewe ondersteun? Gelet op wat die jagplaas met sy afval doen?

Deel: Met hoeveel mense deel ek my jagervaring, of is dit my gereserveerde ruimte? Is ek trots daarop of skaam daaroor dat ek jag? Hoe bestee ek my jagbegroting? Put die gemeenskap in en om die jagplaas voordeel daaruit? Skep ek werk vir iemand? Word die veldgidse goed opgelei en vergoed? Wat is hul lewensomstandighede?

Tergende vrae? Nie as die jagter sy kinders en kleinkinders saam met hom wil sien jag nie.

[ Back ]



T&J