Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

pmp

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

pmp

Kompetisie/Competition


SAJWV Individuele Skietkompetisie: Mees Veelsydige Skut - 28 Februarie 2009
22 Jan 2009

Latest News

Sluitings datum 23 Februarie 2009

Waar?
Die kompetisie sal op die Genl. Piet Joubertskietbaan plaasvind. Die roete-aanwysings is soos volg: Neem die N1-noord vanaf Pretoria vir ongeveer 30 km vanaf die Zambesi-afrit. Neem dan die Boekenhoutskloof afrit en draai in "n oostelike rigting oor die snelweg. Die pad word na "n kort afstand "n grondpad en na ongeveer 10 km sal u die skietbaan op u regterkant vind. Die afdraai sal gemerk wees.

Wat behels dit
Die kompetisie bestaan uit ses skietoefeninge wat só hanteer sal word dat die verskillende oefeninge "n gelyke gewig in die kompetisie dra. Die wenner van elke skietoefening sal "n puntetoekenning van 100% kry, en die res van die skuts se punte vir die betrokke kompetisie sal uitgedruk word as "n persentasie van die wenskut se telling. Op hierdie manier word die moeilikheidsgraad van elkeen van die ses skietoefeninge gelyk gemaak en dit sal dan ewe veel tel vir die bepaling van die Victor Ludorum. Die beste vier uit die ses skietoefeninge waaraan elke skut gaan deelneem sal gebruik word om die mees veelsydige skut te bepaal.

Die ses oefeninge is die volgende
1. Jakkalskiet - 300 meter met rus
2. Rooibok - 200 meter lê - 100 meter sit en 50 meter staan
3. Groot kaliber (9.3 x 62 mm minimum) 1 skoot 20 sek, 2 skote 10 sek, 3 skote 12 sek.
4. Haelgeweer - 25 kleie
5. Handwapen - 5 skote 50 m en 5 skote 25 m
6. Blouwildebees - 150 meter kniel, 100 meter staan met skietstok, 50 meter staan sonder skietstok

[ Back ]



pmp