Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Bewaring/Conservation


Hoekom die klem op bewaring
30 Jan 2009

Latest News

Bedreiging
Die jagbedryf word bedreig vanaf verskeie oorde. Die aanslag op vuurwapens (anti-gun lobby), op jag (anti hunting lobby) en die staat se beleid om die jag bedryf skoon te maak omdat dit elitisties is en nie voordele vir veral plaaslike gemeenskappe inhou nie, is aan almal bekend. Die grooste bedreiging is egter onkunde van die jagter self. Dat die jagter 'n baie belangrike rol speel in die beskerming en bewaring van fauna en flora is onmiskenbaar. As die jagter dit egter met kennis doen oor hoe hy regtig die ekologie bewaar deur sy jag aktiwiteite sal dit baie doen om die aanslag teen jagters af te weer.

Biodiversiteit
Deur net die sneller te trek is nie genoeg om te bewaar nie. Ons natuur is 'n komplekse en meestal tenger sisteem wat 'n mens dwing om elke gevolg van elke handeling behoorlik te deurdink. Kyk hoe vinnig kan 'n spesie skielik op die bedreigde lys beland. Biodiversiteit is nie net die natuur nie. Dit is ook die mens in daardie natuur. Is hy 'n buurman, 'n gids of 'n kok. Wat is sy rol in die biodiversiteit. Kennis oor biodiversiteit is dus belangrik vir die jagter want hy maak dan met sy kennis 'n reuse bydrae om biodiversiteit te bevorder. Anders sal ons later net rooibokke en koedoes het om te jag en daarna sal ons hulle moet "can"� omdat hulle nie in die natuur kan oorleef nie.

Vaardighede
Daar was nog altyd 'n verskil tussen jag en slag. Slag is wanneer jy iets skiet bloot weens die feit dat jy 'n wapen het. Of dit die laaste dier op die planeet is, of hy klein of groot is of jy die dier gaan gebruik of nie, maak nie saak nie. Nou dis nie jag nie en nog minder is dit bewaring. Jag vaardighede wat wapen vaardigheid insluit is belangrik vir bewaring. Jy moet die wild ken wat jy jag, mag jy die dier jag, wat is die beste skootplasing, hoe ver kan ek skiet, is die dier dalk dragtig ens,ens. Binnekort sal daar norme en standaarde wees wat dit gaan begin voorskryf. Miskien te streng veral as dit van owerheid se kant af kom, maar die feit bly dat die jagter sy vaardighede op knap. Dit is nie meer net vir die geweer uit die kluis haal agter in die Landcruiser gooi en dan gaan jy jag nie. Wildboere begin al reeds sekere vaardighede van jagters vereis voordat daar gejag mag word. Dit is egter belangrik want deur beter vaardighede te verkry word die natuur beter bewaar.

Benut, bewaar en deel (BBD)

[ Back ]



Rhina alive