Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Nee - Wildbedryf SA Wildspryse Gaan Styg
06 Feb 2009

Latest News

Die ongekende hoë reënval die afgelope paar maande het wat wonders gedoen vir die veld. Die gevolg is dat wildboere minder hoef te oes as die vorige paar jaar en dat die beskikbaarheid van wild definitief minder gaan wees in die komende jaar.
"Ons sien dat pryse die jaar nog baie goed gaan wees, veral die meer eksotiese spesies. Daar is al baie gespekuleer dat pryse sal val (met die grond verdeling aspek, swak ekonomiese toestand), maar elke jaar bly die pryse styg. Daar was baie goeie reën, wat gaan veroorsaak dat baie boere gaan vashou aan hulle wild, en die boere wat moes verminder oor die afgelope droogtes, weer diere sal wil aankoop. Dit gaan veroorsaak dat daar min diere op die mark gaan kom, en dit wat wel opkom duur gaan wees. Maar die wildbedryf is baie moeilik om te voorspel - Swartwitpense val die een jaar gemiddeld met R60 000 en styg weer die volgende jaar met R1000 000!"�, is die opinie van Reinhardt Holzhausen van Wildbedryf SA.
Vraag en aanbod bepaal prys. Daar gaan dalk ook minder jagtogte wees hierdie jaar. Volgens die navorsing wat Prof Saayman van die Noordwes Universiteit in 2007 gedoen het doen 'n jagter gemiddeld 4 jagtogte 'n jaar. Die huidige ekonomie sal dalk hierdie togte verminder, so daar sal minder gejag word in 2009.
Hierdie vermindering en van jagtogte en die vermindering inbeskikbaarheid van jagbare wild behoort interessante onderhandelings tussen jagter en wildboer af te gee.

[ Back ]



T&J