Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Bewaring/Conservation


Limpo-Kwena - Olifant Skade
06 Feb 2009

Latest News

Olifante wat van Botswana immigreer is besig om lewens sowel as die ekosisteem op die walle van die Limpopo te bedreig. Hierdie probleem is veroorsaak deur die Limpopo Lepadi Natuurreservaat in Botswana wat onlangs honderde olifante per helikopter na die rivier gedryf het.
"Hierdie olifante bedreig nou die lewens van plaaswerker sowel as motoriste op die pad tussen Saamboubrug en Zanzibar,"� sê Me Ina van Deventer, voorsitster van die Limpo-Kwena Natuurlewe-oragnisasie wat 'n groot hoeveelheid boere in die omgewing verteenwoordig.
Die probleem word vererger deur die Limpopo Departement van Natuurbewaring se onbeholpenheid met die aangeleentheid. Gedeeltes van die bek-en-klouseerheining is ook alreeds deur die olifante vernietig wat 'n risiko vir die verspreiding van die siekte inhou. Die oewerbos langs die rivier wat die habitat van verskeie skaars voël- en diersoorte is loop ook onder die olifante deur en bome wat honderde jare oud is word geringbas en vrek, of gewoon net omgestoot.
SAJWV is 'n medewerker in die poging van Limpo-Kwena wat dit ten doel het om jag- en ekotoerisme te bevorder tot voordeel van die plaaslike ekonomie en die oordra van vaardighede te verseker vir die volhoudbaarheid van die projek
Dr Herman Els bewaringsbestuurder van SAJWV sê "deelname aan hierdie werksaamhede van Limpo-Kwena strek die vereniging tot groot voordeel, omdat die bewaringstaak van jagters hierdeur volwaardig uitgebou kan word"�.

[ Back ]



Rhina alive