Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

IS

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Wapens/Arms



Vuurwapenpryse
13 Feb 2009

Latest News

In die vorige uitgawe het die nuusbrief gekyk na vuurwapens - die kalibers en make. Hierdie week word daar gekyk na wat daardie vuurwapens kos. Die bedrae hierin is by benadering aangesien verskillende handelaars verkillende pryse vir dieselfde geweer het.

1. Musgrave 30-06 Springfield
Hierdie gewere word nie meer nuut vervaardig nie en is die pryse net vir tweedhandses beskikbaar. Kyk na 'n prys tussen R5000 en R6000 vir 'n Musgrave 30-06 met of 'n Mauser of Brno slotaksie. Musgrave se opvolger Vektor Arms maak skynbaar nie meer jaggewere nie.

2. Brno
Brno is nie meer met ons nie. Dit het in 2003 bankrot gespeel en sover kon vasstel is die fabriek verkoop maar het nie weer begin produseer nie. Tweedehands is hulle so tussen R6000 en R7000. Vir die wat van opinie is dat die CZ en Brno eintlik dieselfde is kos 'n nuwe CZ so tussen R12 000 en R14 000 terwyl hulle tweedehands dieselfde pryse as die Brno behaal.

3. Sako
Hierdie bekende Finse wapenvervaardiger se produkte is baie gewild en maak al 5 van die gewildste kalibers. Nuut sal enige van die kalibers so tussen R22 000 en R24 000 kos terwyl hulle tweedehands so tussen R8 000 en R10 000 sal kos.

4. Mauser
Mauser is ook baie veelsydig maar ek kon nie nuwe pryse vir die gewilde kalibers opspoor nie. Die Kruitvat in Johannesburg is die Suid Afrikaanse agent vir Mauser. Tweedehands is daar groot verskille en wissel dit van R3 000 tot R11 000 vir 'n tweedehandse Mauser in die 30-06, 308 kalibers reeks.

5. Winchester
Winchester gewere word skynbaar nie meer na Suid Afrika uitgevoer nie en net die ammunisie is nog hier beskikbaar. Ek kon nie 'n handelaar opspoor wat hulle aanhou nie. Tweedehands is hulle skaars en kon ek nie 'n prys vas stel nie. Indien iemand inligting het kan hulle dit aanstuur. Miskien is hier 'n geleentheid vir 'n op en wakker handelaar.

Daar is wel ander nuwe wapens op die mark en by 'n volgende geleentheid sal dit bekyk word.

[ Back ]



IS