Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Jagmetodes
13 Feb 2009

Latest News

Volgens die Navorsing van die Universiteit van Noordwes se Prof Saayman is daar verskillende jagmetodes wat die jagter volg. Statisties lyk dit soos volg:

Die gewildste jagmetode is bekruip. Die word deur 57% van alle jagters gedoen. Omdat 59% van die jagters verkies om in die bosveld te jag is hierdie metode dan sekerlik ook die gewildste.

Die tweede gewildste metode is voorsit met 22%. Die is veral noodsaaklik in die Oos Kaap en Noord Kaap waar daar baie berge is of die jagplase baie groot is.

Dan is daar 14% wat verkies om van die voertuig af te jag. Nou dit is 'n baie kontensieuse metode en baie jagplase laat dit dood eenvoudig nie toe nie. As 'n mens in aanmerking neem dat 49% van die jagter 64 jaar en ouer is moet daar 'n lansie gebreek word vir die ouer manne. Rugby kniegbeserings en gewoonweg ouderdom maak dit vir sommiges net onmootlik om die ander twee metodes te gebruik. Is dit dan 'n rede om op te hou jag - net omdat jy te oud is? Maar probeer eerder ry tot naby en klim af en loop die 220m tot waar die skoot geneem kan word.

Wat ons dan ook by 'n baie belangrike aspek bring. Waar is die jongmense wat jag? Gaan ons oor twintig jaar die helfte van ons jagtersgeledere kwyt wees? Wat het jy as jagter gedoen om jou kinders aan die jagplesier bloot te stel? Net 6% van jagters is tussen die ouderdom 20 en 30. Metodes moet gekry word om die jongmense te laat jag. Laat weet julle gedagtes hieroor.

[ Back ]



T&J