Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Onfeilbare Biltong Resep
02 Sep 2014

Latest News

Elke jagter hou van biltong. Daar is ook menige resepte. Party ouens hou van 'n bietjie brand terwyl sommiges naeltjies wil by kry. Die resep hieronder kan jy nie mee verkeerd gaan nie. So as jy nie laasjaar tevrede was met jou biltong nie probeer hierdie een.

Die belangrikste van biltong is die kwaliteit van speserye. Wat is die verskil tussen 'n Landcruiser en 'n Landrover. Albei het sterk enjins in en albei het 4 x 4. Die verskil is in die kwaliteit van die produk. Daarom is Landcruiser ook duurder as Landrover. Dieselfde geld vir speserye. As die spesery kwaliteit nie goed is nie dan sal die biltong ook nie goed wees nie al gebruik jy ook wie se resep.

Nou hier is die resep gebaseer op 10 kilogram nat biltong.

2 koppies gemaalde koljander. Die ideaal is om die rou koljander korrels te kry en dit dan te skroei en dan fyn te maal. Let wel skroei en nie brand nie Dit maak n reuse verskil aan die smaak van die biltong.
1 1/2 koppies sout
3/4 koppie tiemie
'n kwart koppie fyn wit peper
1 1/2 koppies druiwe asyn (nie die ander tipe nie)

Meng goed en laat vir 24 uur lê voor dit opgehang word.
Dieselfde resep kan gebruik word vir droëwors hoewel daar 'n bietjie skaap of bees vet bygesit moet word

[ Back ]



GSG

lekker wild

w2c