Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

IS

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Wapens/Arms



Elke Geweer Het Sy Eie "Sweetspot"� !
By Willem van der Vyver
23 Feb 2009

Latest News

Baie min jagters sal verskil met hierdie stelling maar dan doen baie min jagters iets aan hierdie stelling.

Daar is seker vele wetenskaplike verklarings van die "sweetspot"� maar vir ons as leke is dit daardie kombinasie van kruit en koeëlpunt waar 'n geweer die beste groepering gee.

Die meeste geweerwinkels praat ook nie hieroor nie en as 'n persoon instap en vra vir 30-06 ammunisie sal hy uitstap met of die duurste soos Norma of die goedkoopste soos PMP of Amax.

Wat behoort te gebeur is dat wanneer 'n persoon 'n nuwe vuurwapen bekom , hy 'n pakkie van elke soort patroon vir daardie vuurwapen moet koop , nogal 'n duur oefening , dan 'n dag skietbaan toe moet gaan en met elke soort patroon 3 skote agtermekaar moet skiet oor 100 meter. Elke keer moet daar minstens 20 minute kans gegee word tussen die verskillende soorte patrone sodat die loop behoorlik kan afkoel. Een van die soorte sal die beste werk vir daardie geweer en behoort 'n groepering van 50mm of beter te gee. Dan gaan jy terug winkel toe en koop 10 pakkies van daardie patroon wat die beste werk. Hoekom jy 10 pakkies moet koop is omdat jy net 200 patrone mag aanhou en die 10 pakkies behoort nou van dieselfde lot te wees as die een wat gewerk het. Maak egter seker dat dit dieselfde lot nommer het.

Die skut moet natuurlik 'n behoorlike skietplek gebruik met sandsakke of ander toestelle sodat daar GEEN gebewe is nie en daar moet gepoog word om geen paralaks fout met die teleskoop te maak nie.

Die geld wat hierdie oefening jou sal kos sal jy oor die lang duur terug maak met minder misskote en minder kwes skote in die jagveld. Indien hierdie metode nie werk nie , kry eers iemand wat jy weet goed kan skiet om dieselfde oefening te doen en as dit nog steeds nie werk nie , gaan jy moet herlaai vir so 'n geweer.

'n Persoon wat hierdie metode gaan beproef sal stomgeslaan wees oor hoe ver winkel ammunisie van mekaar verskil vir dieselfde kaliber.

[ Back ]



IS