Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Die Eland As 'n Jagbare Spesie
24 Feb 2009

Taurotragus oryx oryx
Taurotragus oryx oryx

Latest News

In laaste paar jaar het meer Elande op die beskikbaarheidslys van jagplase gekom. Dit is die grootste boksoort in Afrika en lewer dieselfde hoeveelheid vleis as 'n middelslag bees. En glo dit as jy wil, ook meer as 'n buffel.
Die eland se biologiese naam is Taurotragus oryx. Daar is drie subspesies waarvan twee hoofsaaklik in Suid Afrika voorkom. Die mees vollop een is die een wat in die volksmond as die Kaapse eland bekend staan (Taurotragus oryx oryx) en dan die Livingstone eland (Taurotragus oryx livingstonii) Die derde subspesie kom nie hier voor nie. Daar is nie groot fisiese verskille tussen die twee subspesies nie hoewel dit blyk dat die Livingstone 'n bietjie groter is.
Die eland is 'n dier wat wyd voorkom hoewel hy nie lief vir dig bebosde gebiede is nie, maar sal feitlik in al die provinsies in Suid Afrika aangetref word. Daar sal meer Livingstone elande in die noordelike dele van Suid Afrika wees. Hulle kom voor in troppe van 20 to 80 hoewel groter troppe al aangetref is. Hulle trop formasie is nie vas nie en diere sluit aan en verlaat weer troppe na willekeur. Hoe ouer die bulle word hoe meer geneig is hulle om alleen te beweeg.
Die grote wissel van area tot area. Die koeie is tussen 300 en 600 kg lewend terwyl die bulle van 400 to 800 kg weeg. Bulle van 'n 1000 kg is al aangeteken.
Vir die wat al eland biltong geëet het sal saamstem dat daar nie veel ander wild is wat lekkerder is nie. Weens sy grote hoef nie van alles biltong of droëwors gemaak word nie en kan roasts en soutvleis gemaak word.
Die eland het ook 'n pragtige vel wat 'n goeie grond bedekking uitmaak. As 'n trofee het die eland seker die kleinste horings in proporsie tot sy lyf in vergelyking met ander wild.
Pryse vir eland wissel baie van area tot area en hang dit ook af hoe groot die dier is. Verwag om enige iets tussen R5 500 en R7000 te betaal vir koeie en tussen R7 000 en R10 000 te betaal vir 'n bul. Dit lyk asof die pryse in Namibië nog meer is aangesien hulle in euros werk. Daar kan dit tot € 1100 vir 'n eland kos.

[ Back ]



T&J