Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Opleiding/Training


Die Pad Om 'n Meester Jagter Te Word
23 Feb 2009

Latest News

Om goed te kan skiet bly nou maar die droom van enige jagter. Ons is van kindsbeen af getrakteer op die vaardighede van ons voorgeslagte - op die oorlogsveld sowel as die jagveld. Gelukkig het ons nie meer oorlog nie maar ons jag nog steeds. Elke keer as jy 'n goeie skoot geskiet het voel jy trots daarop. Maar ongelukkig bly elke slegte skoot in jou agterkop en as jy weer aanlê dan spring hy sommer hier voor in jou kop in.

Gelukkig met die formalisering van jag is daar geleentheid om jou vaardighede te verbeter tot so 'n mate dat jy as 'n meester jagter bekend kan staan. En dit is nie maklik nie. Ek neem die roete vanaf die punt waar jy net jou lisensie hernu het en jy nou die volgende stap moet neem.

1. Toegewyde jagterstatus
Hoewel hierdie 'n formele vereiste is om meer as 4 vuurwapens aan te hou skerp hierdie proses jou skiet vermoë aansienlik. Eerstens moet jy 'n skriftelike eksamen aflê wat 200 punte tel. Daar is dan 'n praktiese toets waar jy 3 opeenvolgende skote met ondersteuning na 'n 100 meter deur die long area van 'n rooibok teiken moet skiet. Hierdie toetse moet deur geakkrediteerde instansies gedoen word. SAJWV is so 'n instansie. Dit klink nie te moeilik nie.

2. Vaardige jagter status
As jy klaar 'n toegewyde jagter is dan moet jy 'n portefeulje indien wat jou jagtersondervinding staaf. Briewe van jagplase behoort voldoende te wees.
Dan is daar 'n praktiese toets. En dan die prakties. Dit is heelwat moeiliker as die toegewyde jagter status.
3 skote van 200 meter in die lê posisie met of sonder ondersteuning
3 skote van 100, sit, staan of kniel met of sonder 'n 2/3 been skietstok
3 skote vanaf 50 meter uit 'n staande posisie sonder ondersteuning.
Die laaste een is waar die manne van die muise geskei word, maar dit is haalbaar.

3. Meester jagter status
Om 'n meester jagter te word vereis nie noodwendig beter wapen vaardigheid nie maar wel 'n demonstrasie van ander jagverwante vaardighede. Jy moet 'n program voltooi in twee van die volgende velde:
Herlaai
Boogjag
Voeljag
Vleisverwerking
Taksidermus
Trofee meeting
Handwapen jag
Bewaring
Opleiding
Vuurwapen hantering
Swart kruit jag ?

As jy daarmee klaar is dan is daar 'n komitee van meester jagters wat jou status oorweeg en goedkeur. Dan is jy 'n meester jagter.

[ Back ]