Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Wildslewer oor die kole
02 Mar 2009

Latest News

Wat kan 'n mens sê van wildslewer. Party sweer daarby maar ander sweer dat hulle hom nooit sal eet nie. Maar tog is daar iets nostalgies daaraan om wildslewer oor die kole te braai. Hier is "n paar wenke oor die behandeling van lewer en "n resep vir die gaarmaak daarvan.

Die lewer moet so gou doenlik uitgehaal word en in growwe sout verpak word. Maak seker dat die lewer "gesond"� is maw geen tekens van parasiete of ander skade nie. By die jagkamp moet die sout met melk af gewas word en los dan die lewer vir 24 uur in die varsmelk. Die doel van die melk is om enige "elemente"� wat nog in die lewer sit op te los en uit te was.

Voor dit gaargemaak word moet die lewer uit die melk gehaal word en moet die melk liggies uit die lewer gedruk word. Dan kan dit op verskillende manier gaar gemaak word. My gunsteling is die volgende:

Maal die lewer en meng met die volgende goed by:
Cheddar Kaas
Spek
Pynappel
(Die drie moet in gesamentlike hoeveelheid net soveel as die lewer wees)
Plaas in die netvet van die bok en sit in "n swaarboom pot of pan met "n deksel op oor matige kole tot dit deur gaar is. Behoort so "n uur te neem. Bestryk met rooi wynasyn en botter om die beurt vir "n sous. Bedien krummel pap daarmee saam.

[ Back ]



GSG

lekker wild

w2c