Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf
ibook

Algemeen / General


SAJWV: 60 Jaar Van Bewaring Deur Volhoubare Benutting
02 Mar 2009

Latest News

"...in 1971 koop ek "n 1961 model Land Rover van Hugh Wilson, "n Amerikaner wat na twee jaar in Suid-Afrika, na Amerika terugkeer - ek gaan die Land Rover nog baie gebruik. Ek koop ook van Hugh my eerste 9.3 x 62 Obendorff Mauser, "n praggeweer, vir R140. In Botswana en Rhodesië mag mens egter slegs olifante en buffels met "n kaliber van .375 en groter jag. Na advertensie in die SA Jagtersvereniging se nuusbrief, kon ek egter vroeg in 1972 vir my "n .458 vir R240 aankoop. Nou is ek gereed vir daardie grotes..."�.
So skryf die welbekende Nico van Rooyen in die eerste pargaraaf van sy "Jagdagboek"� waarin hy in 326 handgeskrewe bladsye, "n noukeurig en gedailleerde rekord weergee van al sy jagtogte wat hy oor "n periode van 26 Maart 1972 tot en met sy laaste aangetekende jagtog wat op 21 November 1993 eindig, onderneem het. Die jagdagboek bevat ook gedetailleerde aantekeninge oor elke dier wat hy gejag het, waar hy dit gejag het, dag en datum van jag, en met die koste van die jagtog aangeteken.
Hierdie lekkerlees en uiters belangwekkende en deeglike rekord van een van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se groot geeste, word tans persklaar verwerk. Die persklaar werk sal dien as die hoof-gedenkbundel ter herdenking van die SAJWV se 60ste bestaansjaar wat met erkentlikheid teenoor hulle wat die pad voor die huidige geslag jagterslede geloop het, en as het ware die moderne tyd se jagterspad vir ons, die huidige geslag jagters, oop gemaak het, met groot erkentlikheid te help vier.
Een van die hoof-temas wat konstant soos "n goue draad deur die aangetekende jagtogte van Nico se jagdagboek verweef is, is sy diep bewaringsverantwoordelikheid wat hy konstant van gewag maak. Die hoof-tema van die SAJWV se sestigjarige bestaansjaarfeesvieringe is daarom dan ook daarop gerig om die reuse, maar dikwels vergete en ongereklameerde daarwerklike bydraes wat die vereninging se lede oor die periode van sestig jaar tot die bewaring van ons land se fauna en flora gemaak het, met "n groter klemplasing te bekragtig. Benut, Bewaar, Deel !!
Konstante aankondigings oor spesifieke gebeure wat met die feesjaar verband hou, sal deur die weeklikse e-nuusbrief aan alle lede met e-posadresse versprei word. Lede moet ook die SA Jagter dophou vir aktiwiteite.

[ Back ]



lekker wild

pinot