Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Jagtoerusting
16 Mar 2009
[In English]

Latest News

Maak seker daardie rugsak het alles

Dit kan 'n verleentheid of ongemak veroorsaak - selfs gevaarlik wees - om sonder die noodsaaklike toerusting op 'n jagtog te vertrek.
Dus, aleer jy daardie kragtige viertrekvoertuig bestyg en die gesin vaarwel toewuif, verseker dat jy die volgende ingepak het:
"¢ Stewels - lig en enkelhoog.
"¢ 'n Hoed - wyerand vir beskerming teen son en reen.
"¢ 'n Mes - die skedesort met 'n sterk, skerp lem. Dit hoef nie te lank te wees nie, 100 mm of vier duim is voldoende.
Daarby is daar die ligte rugsak wat die volgende moet bevat:
"¢ 'n Vol waterbottel.
"¢ Toiletpapier, wat ook gebruik kan word om wild te merk.
"¢ 'n Kort tou om wild aan te hang onderwyl dit geslag of gedra word.
"¢ Vuurhoutjies of 'n aansteker en lipsalf.
"¢ Bykomende skoenrieme.
"¢ 'n Klein slypsteen
Dan is daar die verkyker - 8x20 sal doen.
Wat klere betref: swart en wit is uit, behalwe in die sneeu. Dowwe kleure soos kakie of olyfgroen is gaaf.
Daarbenewens, afhangende van die weer, behoort die klerekas te bestaan uit:
"¢ 'n Langmoubaadjie.
"¢ 'n Kortmouhempvan 'n sterk material.
"¢ 'n Langbroek van 'n sterk material.
"¢ 'n Leergordel.
"¢ 'n Serp.
"¢ 'n Skiethandskoen.
"¢ 'n Lang onderbroek.



T&J