Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Optiks


Wat dit Yanks Kos om in SA te Jag
03 Aug 2009
[In English]

Latest News

Ooit gewonder wat dit 'n Amerikaanse jagter kos om Suid-Afrika te besoek? Die afgelope week is bietjie lig hierop gewerp toe 'n Amerikaner 'n noodsein aan medeburgers gestuur het om by hom aan te sluit op 'n jagtog na 'n wildplaas in Limpopo.

Hy het 'n tweede jagter of non-jagter gevra om op een pakket saam met hom te kom. Die tweede besoeker sou as 'n non-jagter 'n winskopieprys van slegs R1 280 per dag of R8 960 vir 'n week kry. Tien dae sou hom R12 800 kos. Die besparing op die sewedagpakket is R16 240, wyl dit R23 200 op die tiendagpakket is. Dit beteken dat die eerste pakket normaalweg R25 200 - of R3 600 per dag - sou kos. Die tweede pakket, wat gewoonlik R36 000 kos, is dan ook 'n winskoop teen R3 600 per dag. En dis nou vir 'n non-jagter.

Die jagter se toer sal hom 'slegs' R34 825 kos, insluitende vyf diere wat hy mag plattrek. Dit kom neer op R4 970 per dag vir sewe dae. Die tiendagjagter sal ses diere kan skiet. Dit sal hom die netjiese bedrag van R63 800 kos, R6 380 per dag. En dis boonop nog teen 'n reuse korting. Voeg vlugkose by, en dit kos hom oor die R70 000 vir sy tien dae.

Sou 'n groep byeengebring kon word, sal bykomende kortings op ander non-jagters verdien kan word. Ons ondernemende Yank vertrek vandeesmaand en reis van Orlando na Johannesburg retoer teen die "goedkoopste vlugtarief in jare"� - slegs R9 280.

Pakkette sluit alles behalwe die vlugtarief van die VSA af, taksidermie en fooitjies in. Daar is geen verskuilde koste nie en besoekers word van Oliver Tambo en terug met luukse voertuie vervoer.

Besoekers moet aan alle wapendokumente voldoen voor hul aankoms of hulle mag die wildplaas se wapens verniet gebruik. Alle etes, jagvoertuie, regeringslisensiesgeld, BTW. voorbereiding van trofees en die vervoer daarvan na 'n taksidermis, wasgoeddiens, 'n beroepsjagter, spoorsnyers, slagters, verversings en foto's en videos is ingesluit.

Die sewedagpakket vir jagters sluit vyf diere in - sebra of gemsbok, blouwildebees, impala, vlakvark, steenbok of duiker (kan op of af op spyskaart met ander diere aangepas word). Geen geld word gehef vir die skiet van bobbejane, ape of jakkalse nie.

Die tiendagpakket sluit ses diere in - koedoe of waterbok, sebra of gemsbok, blouwildebees, impala, vlakvark, steenbok of duiker (kan ook aangepas word). Bobbejane, ape en jakkalse is ook verniet.