Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Optiks


Kan 'n Rooibok Sy Stert Af Skrik?
11 Aug 2009
[In English]

Latest News

Annemarie Ungerer het baie aandag aan haar skietkuns gegee. Inderwaarheid is sy deur lede van die Pretoria-Oostak van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) as baie na aan 'n perfekte skut beskou.

Dit was sowat twee jaar gelede in die Vaalwater-distrik waar haar vaardigheid deeglik op die proef gestel is. Manlief Johan, voorsitter van die Pretoria-Oostak, vertel hulle het so teen sononder die aand besluit om hul gewere in te skiet. "Annemarie het baie goed gevaar en haar groepering van skote was uitstekend. Ons het eenvoudig die gevoel gehad dat ons die volgende dag baie goed gaan skiet.

"Ons was vroeg uit die vere en ons het elmboog en knie deurgeskuur soos wat ons 'n trop rooibokke bekruip het. Maar die rooibokke het snuf in die neus gekry en voet in die wind geslaan.

"Ons het teleurgesteld aangestap, maar uiteindelik het ons 'n trop rooibokke sowat 200 meter voor ons gesien. Dit was windstil. Alles was ideaal en ons kon dooierus op 'n boomstomp vat om te mik. Annemarie het die sneller getrek en ons het almal gedink dit was 'n trefskoot. Maar die rooibokke het laat vat en toe ons daar aankom, was dit net die stert van 'n enkele rooibok wat ons daar aangetref het.

"Wat ons toe laat wonder het of dit as 'n gekweste rooibok beskou sou word waarvoor ons dan sal moet betaal.

"Gelukkig het ek later op dieselfde rooibok afgekom en dit platgetrek."

Die Ungerer-gesin lag tot vandag toe nog oor die rooibok wat moontlik sy stert af geskrik het.