Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Optiks


Is Jagters "Brêg-gatte" oor Balkies en Trofees?
Deur Gerhard Coreejes
08 Sep 2009
[In English]

Latest News

Heelwat lede dra 'n kakiegroen skietbaanjaghemp en vertoon met trots die embleem van die SAJWV en hul tak daarop.

Dan is daar spesiale prestasies soos Toegewydejagter- en Bekwamejagterstatus waarmee saam met skietbalkies gespog word.

Sommige jagbroers het 'n broertjie dood daaraan en die manne met sulke jaghemde word bestempel as "verlief op hulself"� , "windsakke"�, "brêg-gatte"� en "ekkerig"�.

Die vraag is: kan die dra van so 'n hemp werklik beskryf word as "ekkerig"� of 'n oormaat van selfingenomendheid? Diesulkes kan baat vind by die woorde van Shakespeare in Henry IV: "Self-love is not as vile a sin as self-contempt."�

Dan is daar natuurlik diegene wat nie net dunlippe trek en in klippetaal praat oor skietkompetiesies en skietbalkies nie, maar ook oor foto's en die montering van trofees. Kwansuis gee dit aanleiding tot "ongesonde mededinging"� en word sulke mense ook beskryf as "brêg-gatte"�.

Nou wonder ek ook maar net hoe hulle voel oor die bokskampioen met sy goue gordel, die Olimpiese atleet met sy medalje, en natuurlik ons Springbokrugbyspelers gedos in groen en goud. Is hulle ook "ekkerig"�? (Wie gaan dit waag om dit vir Bakkies te sê?)

Moet skietbalkies, trofees en toekennings nie eerder in'n positiewe lig beskou word as aansporingsmeganismes nie? Jagters moet aangemoedig word om gereeld skietoefeninge by te woon en trots te wees op hul verbintenis met die SAJWV. In die proses word selfvertroue en vaardighede gebou wat nie net bydra tot jaggeluk nie, maar ook tot 'n positiewe lewensuitkyk.

Nou wonder ek net hoe voel my jagbroers hieroor...