Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Navorsing/Research


Jag Groei Fenomenaal in die Oos-Kaap
04 Apr 2017

Latest News

Jagstatistieke in Suid-Afrika is meestal 'n kwessie van bespiegeling, maar in die Oos-Kaap het prof Pieter van Niekerk sedert 2002 omvattende navorsing oor die wildbedryf in die provinsie gedoen en studies is vierjaarliks onderneem om tendense te bepaal.

Prof van Niekerk, hoof van die Departement Landbou en Wildbestuur aan die Nelson Mandela-universiteit, se jongste beskikbare syfers, vir 2009, toon die volgende interessante bevindings:

- Die wildwerend omheinde oppervlak in die Oos-Kaap staan op 1 948 331 grond of 13,4% van die provinsie.
- Jaarliks jag 37 148 jagters in die Oos-Kaap.
- 202 119 diere word jaarliks benut.
- Die diere se waarde was R392 miljoen in 2009, teenoor R280,2 miljoen in 2005 en R168,2 miljoen in 2001.
- Daar is 48 spesies, insluitende nie-endemiese spesies, op dié plase.
- Wild is een van die hoofbedrywe van 11,11% van die respondente, teenoor net 9,1% in 2005 en 5% in 2001.

Na skape, beeste en Angorabokke was wild in 2009 die vierde grootste landboubedryf in die Oos-Kaap.

Die meeste van die 19 wildspesies wat by die opnames ingesluit is, het in die sewe jaar van die drie opnames toegeneem en in sommige gevalle verdubbel of verdriedubbel. Slegs springbokke (daal van 286 000 tot 268 00) en rooibokke (daal van bykans 200 000 tot 158 000) was in 2009 minder as in 2002. Vlakvarkgetalle het egter van 22 000 tot 74 082 gestyg, elande van 5 100 tot 18 000, rooihartbeeste van bykans 4 000 tot 13 800 en blouwildebeeste van bykans 6 000 tot duskant 18 000.

In 2009 is springbokke die meeste benut (112 000). Daar was 'n toename in die benutting van koedoes, rooibokke, takbokke, vlakvarke, swartwildebeeste, blouwildebeeste, elande, nyalas, lechwes, gemsbokke en waterbokke.

Teen 'n gemiddelde prys van R454 per bok het die inkomste uit springbokke van R37,8 miloen in 2002 gestyg tot bykans R51 miljoen vir die 112 123 wat in 2009 benut is en die uit koedoes teen 'n gemiddelde prys van R2 801 per dier van R50,8 miljoen per jaar tot R90,5 miljoen vir die 32 311 bokke wat in 2009 benut is. Teen gemiddeld R850 per bok het die inkomste uit die 18 854 rooibokke wat benut is, gestyg van R5,4 miljoen in 2002 tot R16 miljoen in 2009.

Die syfers toon voorts dat jag in die Oos-Kaap in 2005 R150 647 637 gegenereer het teenoor R218 508 449 in 2009, terwyl R60 miljoen se wild in 2005 lewend gevang is teenoor die R92 miljoen van 2009. In 2005 is nagenoeg R63 500 000 se wild geoes teenoor R81 miljoen in 2009.

*Met erkenning aan Wildlife Ranching, WRSA se publikasie vir die wildbedryf.

[ Back ]