Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Optiks


Thabazimbi-Wildsfees is Terug met Mening
21 May 2013

Latest News

Die feesterrein by Frikkie Meyer Hoërskool gaan die naweek van 31 Mei en 1 Junie behoorlik uit sy nate bars met feesgangers en hulle kinders, tydens die 30ste jaarlikse Thabazimbi Wildsfees aangebied deur Fast Freight en kykNET Musiek. Daar kan met oortuiging gesê word: Die Thabazimbi Wildsfees is terug met mening!

Feesgangers sal bederf word met meer as 100 stalletjies om van te kies en te keur om nie eens te praat van die lekker Boeresport wat baie entoesiastiese deelname verlede jaar gehad het nie.

Familie-vriendelike vermaak is aan die orde van die dag met 'n baljaarplek vir die kinders en natuurlik sal die Campbells, Karlien van Jaarsveld, Adam en immergewilde Die Heuwels Fantasties sorg vir die feestelike atmosfeer. Daar sal tot laat in die nag lekker gekuier word in die biertuin en kroeg.

Vleissentraal se Wildveiling is terug by Thabazimbi Wildsfees en vind om 11:00 op Vrydag 31 Mei op die skougronde plaas.

Een van die hoogtepunte van die fees is die Thabazimbi-tak van die SAJWV se Pro-Amm-PMP-skietdag wat op Saterdag, 1 Junie gehou word.

Dit beloof om groot pret te wees. "Kom mense, wys jullse staal!"� het Gert Oosthuizen, voorsitter van die SAJWV se Thabazimbi-tak in sy uitnodiging gesê.

Die hele familie kan saam kom skiet en die uitstallings en opvoerings kom bekyk. Dan is daar nog die vooruitsig van heerlik op die mallemeule baljaar terwyl die skuts wedywer om 'n vet prys raak te skiet!

Vir nadere inligting kan per selfoon met die volgende mense geskakel word:

Nols by 083-280-4512
Jackie by 082-873-0659
Gert by 082-853-2054.

Gert kan ook per e-pos bereik word by: gert.watergat@gmail.com

Afslagkaartjies teen R50 kan vooraf by die Frikkie Meyer Hoërskool aangeskaf word.

Kaartjies is Vrydag R60 en Saterdag teen R70 by die hekke beskikbaar. Kinders onder 12 jaar kry gratis toegang. Hekke maak daagliks om 9:00 oop en sluit om 21:30.

Bly op datum met al die nuus, optrede-aankondigings en kompetisies op Facebook by www.facebook.com/thabazimbiwildsfees

En op Hoedspruit is daar 'n besondere wildfees - dié dorp vier sy 26e wildfees op 13 en 14 Julie sonder 'n wildveiling, aangesien daar te min inskrywings was, Aldus die voorsitter van die wildfeeskomitee, AB Burger.

Die fees vind op die Blyde Wild Life Estate plaas en een van die hoogtepunte is die kroning van Mej Wildfees en optredes deur 'n groot getal plaaslike konstenaars, asook 'n oggendtee saam met RSG se Amoré Bekker vir die dames. Wees gewaarsku: Thys, die Bosveldklong, is seremoniemeester en tree ook as sanger op.

Vir stalletjie-aansoeke, kontak Michelle Swart by michelle@hilltoplive.co.za of skakel 012 326 0560 tydens kantoorure.


[ Back ]