Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


WRSA simposium - Wildsvleis op die winkelrakke
13 Aug 2013

Latest News

Tydens die WRSA simposium die afgelope naweek in Pretoria het Dr Maretha van der Merwe n uiteensetting gegee van die planne rondom die bemarking van wildsvleis. Pot-Shot het gewonder wat die impak hiervan op wildspryse kan wees. Gaan dit wild duurder maak?

Die stelsel wat ingevolge wetgewing en regulasies ingestel gaan word werk kortliks soos volg:

1. Wildplaas eienaar kan sy slag fasiliteite registreer as 'n goedgekeurde slagpale.
2. Die wildplaas eienaars kan hulle self kwalifiseer as vleis inspekteurs en sodoende self die karkasse gradeer.
3. Personeel kan ook kwalifiseer as blokmanne.

Die stelsel is in wese een van self regulasie en die wildplaas eienaar staan pa vir die kwaliteit van sy produk. Die eerlike ouens sal op die lang termyn die vrugte pluk omdat kwaliteit op die lang termyn met sy produk geassosieer sal word. Die skelm ouens sal gou-gou uitgevang word en niemand sal sy produk koop nie. So die lang termyn sal 'n positiewe uitwerking op die kwaliteit van vleis hê.

Wildsvleis is n kwaliteitproduk. Dit is laag in cholesterol en produseer n kleiner koolstof voetspoor as rooi vleis. Dit sal die aanvraag spoedig verhoog wat die prys sal opstoot. Dr van der Merwe het gedemonstreer dat indien n wildboer sy wildsvleis self op sy wildplaas tot in die finale produk verwerk, hy tussen 3 tot 8 maal meer vir 'n bok soos 'n blesbok kan kry.

Dit is hier waar die knelpunt vir die jagter gaan wees. Die wildboer gaan nie sy produk verkoop vir minder as wat hy dit kan laat slag en aan die mark verkoop nie. As die aanvraag vir wildsvleis toeneem sal die prys van wild toeneem. Dit kan wees dat wildboere geheel en al net wild laat slag en nie meer jag toelaat nie. Dit sal jag minder beskikbaar maak wat weer die aanvraag sal op stoot.

Die teendeel sal dalk ook waar wees. Die prys van wild in veral die noorde is aansienlik duurder as wat die vleis waarde daarvan is. Die slag opsie sal afwaartse druk op die pryse begin plaas aangesien wild nou in die winkels beskikbaar gaan wees. Die jagter sal nog steeds gaan jag maar hy sal dalk minder skiet omdat sy wildsvleis vooraad by sy plaaslike supermark beskikbaar gaan wees.

Die lang termyn van die plan gaan 'n meer realistiese markprys vir wild bepaal maar Pot-Shot is van opinie dat dit stelselmatig n stygende tendens op die prys van wild gaan hê en dus jag duurder gaan maak. Maar ten minste is dan 'n markprys wat meer objektief bepaal word en nie arbitrêr soos dit nou die geval is nie. As dit wildgetalle opwaarts gaan stoot is dit goed vir volhoubare jag.

[ Back ]



GSG

lekker wild

w2c