Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf
ibook

Algemeen / General


Lekker Wild - Boekresensie
By Jacques Olivier
12 Aug 2013

Latest News

Related Articles

Menig 'n biltongjagter maak die fout om die jagseisoen se oes alleenlik in terme van biltong en droëwors te sien.


As mens met wildsvleis grootgeword het wat doodgegooi is met naeltjies en ander speserye om die "wilde"� smaak te tem, is dit dalk te verstane dat sommiges ietwat lugtig is om daardie Blesbok boud te bêre vir die oond eerder as om biltong daarvan te laat maak. Of miskien het jy al vantevore 'n wildsgereg vir vriende en familie voorgesit net om verlëe toe te kyk hoe die mense langtand kou aan 'n taai, droë maaltyd.

Die goeie nuus is egter dat dit relatief maklik is om wildsvleis smaaklik in die kombuis of op die braai voor te berei, mits jy die kundigheid en die regte resep byderhand het. En hierso is Lekker Wild! deur Andries Botha en Willem Krog 'n waardevolle aanwins vir die jagter wat die meeste uit sy wildsvleis wil kry.

Die wolhaarstories rondom wildsvleis word sommer vroeg reeds opgeklaar en belangrike feite genoem wat vir die kok handige skietgoed sal gee om 'n ongelowige eggenoot se vrese te besweer. Solank daar in gedagte gehou word dat wildsvleis baie minder vet het as bees, skaap of varkvleis en dus dienooreenkomstig gaargemaak moet word is daar menig 'n feesmaal wat wag.

Die boek dek so te sê die hele spektrum van vleisdisse en die verskillende maniere waarop dit gaargemaak word. Alles van boude, braaivleis en bredies tot by potjiekos en pasteie kry aandag en die hoofstuk oor gevleuelde diere sal uiters handig wees vir veerwildjagters. Die laaste hoofstuk het ook resepte vir disse waarin biltong die hoofvleisbestanddeel is, sowel as resepte vir die maak van salami, cabanossi en jou eie biltongspesery mengsel.

Die resensent is 'n toegewyde braaier wat baie meer tyd langs 'n vuur as voor 'n stoof spandeer. Dus was die hoofstuk wat handel oor wildlende en skywe 'n leeservaring om die mond te laat water. Tog het die lees van die ander hoofstukke my oortuig dat daar voortaan heelwat meer tyd in die kombuis deurgebring sal word. Die resepte vir springbokboud en skaapskenkel en die een vir wildsvleistert met skilferdeeg het nuwe entoesiasme vir oondkos laat posvat.

In die gesondheidsbewuste wêreld van vandag sal min mense afsydig staan teenoor die voordele wat wildsvleis bied. En as dit dan nog op smaaklike wyse voorgesit kan word, is dit voorwaar die beste van beide wêrelde. Probeer gerus die resepte in Lekker Wild! en ervaar self die veelsydigheid wat wildsvleis kan bied.

[ Back ]



lekker wild

pinot