Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Elandlende met bloukaas en druiwe
20 Aug 2013
[In English]

Latest News

Hierdie sirloin moet jy in lengtes sny - 15cm en 2 cm dik. Sny op die een kant dun kepies in die vleis 2mm uitmekaar uit. Maak dan n sous van bloukaas en druiwe om oor die vleis te giet.

Die Bybelse storie van die bakker en die skinker het my as kind gefassineer. Die skinker het die druiwe in n beker uitgedruk om sap te maak. Dit het altyd wonderlike geklink. Hierdie resep laat my aan daardie skinker dink.

Bestanddele
800 gram Eland lende met al die vliese uitgesny
100 gram bloukaas
n Groot tros druiwe
1 eetlepel vars geroosterde koljander
Sout en peper
Kwart koppie rooiwyn

Sny die sirloin in lengtes van 15 cm by 2 cm en sny kepies on een kant 2 mm uitmekaar en ongeveer n halwe sentimeter diep. Gooi die wyn en koljander oor die vleis en laat staan vir n uur.

Haal die vleis uit die wyn en koljander marinade en braai die vleis ongeveer 3 minute aan elke kant in 'n pan met olyfolie. Haal van die plaat af. Smelt die bloukaas in n pan en druk dan die druiwe se sap met hand oor die kaas uit. Gooi die skille dan by. Laat dit opkook en gooi dan die wyn en koljander marinade oor.
Gooi die sous oor die vleis en bedien dadelik.



GSG

lekker wild

w2c