Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Beenlose Lendeskyfbraad Teen Hoë Temperatuur
01 Oct 2013
[In English]

Latest News

As die kok van min fieterjasies hou, dan is dié resep vir hom. Al wat benodig word, is 2 eetlepels olyfolie, 1 beenlose wildslendeskyf wat tot rond gerol is, 3 tot 6 cm dik is en wat vier tot agt mense per kg kan voed, afhangende van hoeveel figuurbewuste dames in die geselskap is.

Verhit oond tot 250 grade. Verhit olie in medium hoë hitte in 'n braaipan. Sit lendeskyf in en seël dit aan alle kante. Braai tot verlangde gaarheid, 40-50 minute per kg. Verwyder uit oond en bedek met foelie om sappe toe te laat om vleis te deurdrenk. Kerf vleis tien minute daarna.

Mevrou sal waarskynlik belangstel daarin dat sulke vleis maar 146 kalorieë per porsie en geen koolhidrate bevat nie, terwyl die vet maar 4 g is, die kolesterol 95 mg, sodium 46 mg en die proteïeninhoud 26 g is.

Aan die effe ryker kant is Tant Mart se marinade wat bygevoeg kan word.
Hiervoor word die volgende benodig:
Anderhalf koppie rooiwyn
'n Halwe koppie bruinsuiker
'n Halwe koppie roosmaryn in kort stukies geknip
Vyf huisies fyngekapte knoffel
'n Skeut varsgemaalde peper
Lendeskyf selfde as hierbo

Sit die marinadebestanddele in 'n beker en roer om die suiker te smelt. Sit die lendeskyf in 'n groot verseëlbare plastieksak. Voeg die marinade by en draai in die rondte om lendeskyf te deurdrenk. Sit dit oornag in die yskas en draai dit van tyd tot tyd om.

Maak oond gereed vir braai teen medium hitte. Dreineer marinade uit lendeskyf en behou dit. Bedek die lendeskyf en rooster 30 tot 40 minute vir halfgaar of totdat die gewenste gaarheid bereik is. Draai die lendeskyf elke tien minute om en kwas met marinade. Bedek met foelie en laat dit 10 minute rus vir interne dagsê virf sappe en kerf dan.

Mevrou sal nie te ontsteld wees dat die kalorieë per porsie nou opgeskiet het na 224 en koolhidrate van 0 tot 15 gespring het nie. Die kolesterol het darem op 95 mg gebly, die sodium het gering gestyg, die proteïeninhoud het konstant gebly en verder was daar nie veel beweging wat 'n mens sal agterkom nie.



GSG

lekker wild

w2c