Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Navorsing/Research


Hoe lyk die gemiddelde Pot-Shot leser
11 Dec 2013

Latest News

Die nuttigheid van web publikasies is dat die lesers baie spore los wat 'n aanduiding gee van wat die profiel van die lesers is. Deur Google Analytics is dit moontlik om n redelike akkurate prentjie te kry van Pot-Shot lesers. Daar is n paar verrassings.

75% van Pot-Shot lesers is tussen die ouderdom 18 en 44 jaar oud. Slegs 5% van die lesers is oor die ouderdom van 65 jaar.

Wat as 'n verassing kom is dat volgens Google 18% van die lesers vrouens is. Daar is vraagtekens oor hierdie inligting aangesein dit onseker is hoe dit bekom word. Die resepte is wel gewild en kan dit dalk 'n aanduiding wees dat wel 'n goeie klomp vroue Pot-Shot lees.

16000 lesers was meer as 25 keer op die webbladsye gedurende die jaar.

Die meeste lesers -66% - bly in Gauteng met die Wes Kaap met die tweede meeste lesers van 22%. Die meeste koppel deur die internet hub in Menlyn gevolg deur die internet hub in Kaapstad tewyl Johannesburg die derde meeste koppelings het. Snaaks genoeg is Sandton 4de op die lys.

Lesers van 174 lande het hierdie jaar Pot-Shot gelees

Die gewildste browser programme is Internet Explorer gevolg deur Chrome en Safari.

10% lesers koppel deur hulle selfone of tablette met IOS die gewildste gevolg deur Black Berry. Laas jaar het net 3% deur 'n tablet of selfoon Pot-Shot gelees.

[ Back ]