Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf
ibook

Algemeen / General


Anti-Trofeejag Daal Tot Nuwe Laagtes
By Jacques Olivier
15 Jul 2014

Steven Spielberg en sy Rowland Ward Triceratops
Steven Spielberg en sy Rowland Ward Triceratops

Latest News

Related Articles

Pot-Shot lesers wat op Facebook aktief is sou moontlik die afgelope ruk gesien het hoe 'n paar mede-internet gebruikers totale gekke van hulleself gemaak het deur kommentaar te lewer op 'n foto van die befaamde rolprent regisseur Steven Spielberg waar hy langs 'n "dooie"� dinosourus sit.

Die foto is geplaas deur Jay Branscomb as 'n grap nadat daar weer wye veroordeling was oor die internet plasing van foto's van die Amerikaanse tiener-jagter Kendall Jones se onlangse Afrika safari.

Die oorspronklike onderskrif van die Spielberg foto lui: "Disgraceful photo of recreational hunter happily posing next to a Triceratops he just slaughtered. Please share so the world can name and shame this despicable man."�

Die foto is geneem tydens die verfilming van die film Jurassic Park waar Spielberg langs die "karkas"� van 'n Triceratops poseer.

Die feit dat die dinosourus ter sprake 'n meganiese film model was en dat hierdie spesifieke spesie ongeveer 66 miljoen jaar gelede uitgesterf het, het Spielberg helaas nie die vitriool van 'n paar ontstelde anti-jagters gespaar nie. Alhoewel die oorweldigende meerderheid kykers besef het die foto is 'n gekskeerdery, was daar tog mense wat klaarblyklik geflous is.

'n Ontstoke lid van die publiek, Penelope Rayzor Bachand, het geen geheim van haar ontsteltenis gemaak nie en in uiters gekruide taal gekla oor onopgevoede jagters wat onskuldige diere afmaai. Sy sluit haar giftige relaas af met "Steven Spielberg, I"m disappointed in you. I"m not watching any of your movies again ANIMAL KILLER."

Alhoewel hierdie kommentator duidelik nie die skerpste mes in die laai is nie, het haar uitlatings onrusbarende parallelle met die haatspraak wat sommige diereregte voorstanders dikwels teenoor jagters besig.

Die realiteit is dat trofeejag 'n besliste en gevestigde deel uitmaak van jag. En of 'n mens daarmee saamstem of nie, kan jagters nie toelaat dat hulle geboelie of deur haatsprekers van stryk gebring word wanneer jag as sport aangeval word nie. Die ekologiese en ekonomiese waarde van jag is 'n bewese feit met onbetwisbare data om die argument van jag se rol in wildbewaring te staaf.

Indien die jag-opponent egter self McDonalds hamburgers of supermarkvleis eet en dalk ook leerskoene dra is 'n sinvolle debat met so 'n individu onwaarskynlik. Ongelukkig is daar egter 'n aantal mense wat totaal onbewus is van die teenstrydighede tussen wat hulle sê en wat hulle doen.

In sulke gevalle is dit die moeite werd om die feite rondom jag met die persoon op 'n kalm en rasionele manier te deel sonder om te warm onder die kraag te raak. En in die belang van vrede rondom die gasheer se tafel sou dit dan raadsaam wees om daarna die gesprek so gou as moontlik in 'n ander rigting te stuur.

[ Back ]



lekker wild

pinot