Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Navorsing/Research


Matryse Wat Tans Beskikbaar Is
By Jacques Olivier
23 Jul 2014

Pierre van der Walt
Pierre van der Walt

Latest News

Vir diegene wat vir die eerste keer begin om te herlaai kan die wye verskeidenheid produkte op die mark 'n klomp uitdagende keuses inhou. Van die vrae wat gevra word is hoekom sekere matryse ("reloading dies"�) soveel duurder is as ander. En dan natuurlik of die premie wat vir sommige matryse betaal word die moeite werd is. Want die prys van 'n stel matryse kan wissel tussen R600 tot naby aan R4,000.

Pot-Shot het hierdie week met die bekende jagter, skrywer en herlaaideskundige Pierre van der Walt gesels om sy mening te kry oor die rol en waarde van die verskillende tipes matryse wat tans beskikbaar is.

Die gewone intreevlak matryse is tipies 'n tweestuk stel wat uit 'n vollengte hervormer ("full length sizing"�) en koeëlplaser ("bullet seater"�) saamgestel is. Met die vollengte hervormer word die hele dop se fatsoen ekstern hervorm na die oorspronklike grootte terwyl die ou aansteker ("primer"�) uitgedruk word deur 'n sentrale steel ("depriming stem"�) binne die matrys. Die steel waarop die aanstekerverwyderaar is het ook 'n uitbreiknoppie ("expander button"�) wat die dop se nek na 'n spesifieke grootte herstel.

Die probleem met hierdie soort matrys is dat die knoppie op die steel die dop se nek kan skeeftrek indien die nekwande nie orals 100% dieselfde dikte is nie. En dit het natuurlik 'n invloed op akkuraatheid.

Om hierdie probleem aan te spreek kan daar van 'n nekhervormer matrys ("necksizing die"�) gebruik gemaak word. Hierso word slegs die nek van die dop hervorm en nie die res van die dop nie. Indien gebruikte doppe op hierdie manier hervorm word sal hulle die kamer van die wapen waarin hulle afgevuur is baie beter vul en ook bydra tot beter akkuraatheid. Die voordeel van hierdie matrys is dat die kanse vir nek vervorming op die dop verminder word (maar nie 100% uitgeskakel word nie) en dat aanpassing ("alignment"�) van die koeël beter sal wees. Lee "collet dies"� is 'n tipiese beskikbare voorbeeld maar etlike ander vervaardigers maak ook soortgelyke matryse.

Om die probleem van nekvervorming wat steeds met nekhervormer matryse bestaan is meer gevorderde kompetisie matryse ontwikkel. Daar is tans twee soorte kompetisie matryse.

Die eerste soort het 'n uitbreiknoppie wat hoog op die sentrale steel sit en die nek meer doeltreffend hervorm en minder verwring vanweë die beter ondersteuning van die dop binne die matrys.

Die tweede soort is 'n bus matrys ("bushing die"�). Hierdie matryse is beskikbaar in twee tipes. Die gewone bus matrys het steeds 'n uitbreiknoppie, en dan is daar die kompetisie tipe wat nie 'n uitbreiknoppie het nie en die nek slegs ekstern hervorm.

Deeglike voorbereiding van die dop is nodig om seker te maak dat die nek wande so eweredig as moontlik gemaak word vooraf wanneer bus matryse gebruik word. Hierdie is die beste opsie vir top akkuraatheid soos vereis word deur langafstand skietkompetisies.

Koeëlplaser matryse kom ook in twee soorte. Die gewone soort vereis plasing van die koeël met die hand in die nek van die dop en hierso bestaan die moontlikheid dat die koeël effens skeef geplaas kan word in die tyd tussen die loslaat van die koeël en die plasing ("seating"�) van die koeël deur die matrys.

Die tweede soort is die huls-tipe matrys ("sleave die"�) waar die koeël geleidelik deur 'n huls binne die matrys opgedruk word om so 'n konsentries en reguitlynige plasing as moontlik te kry.

Mikrometers is op kompetisie matryse verkrygbaar. Dit bied die voordeel van akkurate en maklike herhaling van koeëlplasing en verhoog eenvormigheid van patroonlengte. Presisie is 'n faktor van konstante herhaalbaarheid.

Lesers wat spesifieke vrae het kan vir Pierre direk kontak vir advies by die Rivonia tak van Safari & Outdoor. Die beste tyd om hom te sien is tydens weeksdae aangesien naweke baie besig is.

[ Back ]