Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf
ibook

Algemeen / General


Mastershot Kompetisie het R70,000 se Pryse
By Jacques Olivier
29 Jul 2014


Latest News

Wild & Jag se tweede Gautengse Mastershot skietkompetisie word eerskomende Saterdag die 2de Augustus aangebied buite Pretoria by Krokodilspruit Wapens op die Moloto pad. Zimbi Books & Guns is die borg en daar sal pryse ter waarde van R70,000 wees , onder andere 'n CZ 550 Lux medium kaliber geweer in die "Lucky Draw"�. 'n TV opname sal ook gemaak word vir Wild & Wragtag en sal uitgesaai word op Kyknet.

Die doel van die kompetisie is om skuts die geleentheid te bied om aan sewe verskillende skietdissiplines deel te neem, waarvan vyf sal tel vir die kompeteerder se Mastershot telling. Jaggewere, haelgewere, handwapens en .22 gewere kan gebruik word vir die verskillende bane wat beskikbaar sal wees.

Die Mastershot skietkompetisie bestaan uit vyf verskillende bane wat gekies word uit n totaal van sewe bane. Die skut kan al sewe die bane skiet maar moet tydens die inskrywing vyf van die bane kies wat gaan tel vir die Mastershot tellings. Dis skut word nie verplig om al sewe bane te skiet nie, slegs die vyf wat tel, en die ander bane is dus opsioneel.

Die skut kan elk van sewe bane soveel keer moontlik binne die tydsverloop van die dag skiet maar slegs een van die tellings per baan sal tel vir die skut se Mastershot telling. Sou die skut 'n baan meer as eenkeer skiet, sal die skut soveel telkaarte vir die baan kry as waarvoor daar ingeskryf was.

Slegs een Mastershot telkaart sal gebruik word vir die Mastershot tellings en die telkaart word ook so aangedui met die Mastershot logo. Voordat die skut op 'n spesifieke baan skiet, moet daar bepaal word of die baan se telling vir die Mastershot gaan tel of nie. Die telkaarte word voor die skiet begin aan die baanbeampte oorhandig. As 'n skut besluit om die Mastershot telkaart in te handig, dan tel die spesefieke skiet vir die Mastertshot telling. Dit sal nie na die tyd verander kan word nie.

Toekomstige Mastershot kompetisies word ook beoog in ander provinsies en die webwerf kan vir besonderhede dopgehou word. Vir verdere besonderhede kan Elmo Scheffer gekontak word by 082 490 8647 of per epos by scheffere@gmail.com. Meer inligting rondom die kompetisie se reëls vir skuts is beskikbaar by www.mastershot.co.za.

[ Back ]



lekker wild

pinot