Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf
ibook

Algemeen / General


SAJWV HUB bedank
04 Sep 2014
[In English]


Latest News

Chris Niehaus, die HUB van SAJWV het sy bedanking aangekonding nadat hy 15 maande die posisie beklee het. Niehaus se bedanking is effektief van Desember 2014.

Niehaus het die volgende op die SAJWV webwerf gepubliseer

"�Dit is met spyt dat ek lede moet meedeel dat ek as SAJWV se HUB bedank het. ? Mens bereik ? stadium in jou lewe dat jy moeilike besluite moet neem. Ongeag die keuse wat jy maak sal daar teleurstelling wees en dit is die situasie waarin ek my nou bevind.

My verloofde, wat tans die voorsitter is van T-Systems (Suid-Afrika), "n filiaal van Deutsche Telecom, is vanaf Januarie 2015 ? senior pos in Duitsland aangebied.

Ek het my tyd by SAJWV geweldig geniet en saam met mense gewerk van wie ek hou en respekteer. Ek hoop dat ek oor die afgelope 15 maande ? verskil gemaak het en dit steeds sal doen totdat ek die Vereniging in Desember verlaat (of vroeër indien ek moet plek maak vir my opvolger). Hoewel ek voel dat daar steeds belangrike dinge is wat ek graag sou wou bereik, is ek die geleentheid gegun om ? nuwe lewe te begin en ? nuwe rol te vervul. Ek sal Mardia in Januarie 2015 na Duitsland vergesel.

Dankie aan my kollegas vir hulle ondersteuning oor die afgelope 15 maande. Die redes vir my bedanking is suiwer persoonlik en geensins werkverwant nie. Te midde van moeilike persoonlike omstandighede was my tyd by Inyathipark baie bevredigend.

Dit was ? voorreg en ? plesier om saam met SAJWV se president, Fred Camphor, en die ander lede van die Uitvoerende Komitee te werk. Ek vertrou dat SAJWV-lede waardering het vir die bekwame en wyse leierskap wat aan die stuur van die Vereniging staan."�



lekker wild

pinot