Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Opleiding/Training


Vuurwapenveiligheid En Kinders
03 Sep 2014


Latest News

'n Ontstellende video het onlangs die rondtes op die internet gedoen van 'n skietinstrukteur in Arizona wat per ongeluk doodgeskiet is deur 'n nege-jarige dogter.

'n Volle outomatiese Uzi is deur die kind afgevuur en die instrukteur is noodlottig gewond in die proses. Oor die reg of verkeerd om 'n 9-jarige met 'n Uzi wat Afrikaans praat te laat skiet kan sekerlik gedebatteer word, maar die lank en die kort is dat 'n man dood is en 'n onskuldige kind nou aan erge trauma ly.

Hierdie voorval het die voorspelbare krete van ontsteltenis ontlok vanuit die geledere van die anti-vuurwapen groepe. Tog het dit ook geldige vrae laat ontstaan oor veiligheid op 'n skietbaan sodra jong kinders vir die eerste keer toegelaat word om met vuurwapens te skiet, wanneer ouers hulle kinders graag aan die skietsport wil blootstel.

Keith Biermann van die False Bay Firearm Training Academy het vandeesweek in 'n onderhoud op News24 advies gelewer oor hoe jong skuts gehelp kan word om veilig te leer skiet.

Eerstens moet daar op 'n goedgekeurde skietbaan geskiet word waar 'n opgeleide skietinstrukteur aan diens is. Keith is van mening dat die skietinstrukteur die onderrig behoort te behartig. Keith voel dat ouers verkieslik nie betrokke moet raak met die opleiding nie omdat hulle dominerend kan wees en druk op die kind kan sit om met 'n wapen te skiet waarmee die kind nie gemaklik voel nie.

Die goue reël volgens Keith is om kinders met 'n ligte kaliber in 'n ligte wapen mee te laat begin, verkieslik 'n .22 of 'n windbuks. En selfs met 'n windbuks verbied wetgewing tans die afvuur daarvan in opgeboude gebiede, so 'n skietbaan bly die regte plek om die kleinspan op te lei. Natuurlik onder leiding van 'n gekwalifiseerde instrukteur, soos die wet vereis.

Wat van deurslaggewende belang is, is om kinders van kleins af te leer dat vuurwapens gevaarlik is en met die nodige respek behandel moet word, sê Keith. Videospeletjies het ongelukkig by 'n klomp kinders die wanpersepsie laat ontstaan dat wapens iets is om mee te speel en daarom is dit belangrik om die beginsels van basiese vuurwapen veiligheid voorop te stel.

'n Skietongeluk is altyd 'n tragedie. En die realiteit is dat skietongelukke ook merendeels vermybaar is. Om te voorkom dat kinders lewenslange trauma opdoen deur per ongeluk iemand raak of dood te skiet is dus die verantwoordelikheid van hulle ouers. Want ouers moet seker maak dat hulle kinders van meet af aan die regte opleiding kry om veilig met vuurwapens om te gaan.

[ Back ]