Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Huntex


HuntEx 2015
26 Feb 2015

Latest News

Related Articles

HuntEx 2015 sal vanjaar weer aangebied word van 24 tot 27 April by Gallagher Estate.

Benewens ongeveer 346 uitstallers by vanjaar se HuntEx sal daar ook 'n aantal hoogtepunte vir besoekers wees om van kennis te neem.

Bobaas biltongmakers wat glo hulle maak die lekkerste biltong, kry vanjaar by HuntEx die geleentheid om dit te bewys. Biltongmakers kan hulle wenresep vir die kompetisie inskryf op die HuntEx webwerf. Die beste biltongmaker sal ? Titan-geweer wen. Die wenner van die Deli Spices Bobaas Biltong-kompetisie sal op Maandag, 27 April 2015 - bekend gemaak word.

Helle, die wêreldbekende Noorweegse mesvervaardiger van formaat, stel vanjaar ? Afrika-mes by hulle uitstalling in Saal 2 by HuntEx bekend. Die mes is deur Suid-Afrikaners ontwerp en in Noorweë volgens Helle se hoë standaarde gemaak. Corrie Moolman, plaaslike verspreider van Helle, het kiaat na Noorweë uitgevoer wat vir die Afrika-mes se hewwe gebruik sal word. Johan Badenhorst van Voetspore-faam en sy span het aktief deelgeneem aan die ontwerp en toets van die Helle Afrika-mes. Lede van die Voetspore-span wat sedert 2008 Afrika deurkruis, sal op elke skoudag om 11:00 en 15:00 by die Helle-uitstalling in Saal 2 hulle wedervaringe in Afrika met besoekers deel. ? Beperkte hoeveelheid van die Helle Afrika-mes sal tydens HuntEx te koop wees.

Die SA Butchery School bied vanjaar vleisverwerkingsdemonstrasies in Saal 3 by HuntEx aan om besoekers te wys hoe om ? wildkarkas korrek op te sny om die beste waarde uit die verskillende snitte te haal. Hulle voer dit ? stap verder met 'n daaropvolgende demonstrasie van die voorbereiding van wildvleissnitte, biltong en worsmaak. Verskeie uitstallers by HuntEx borg toerusting en bestanddele vir die demonstrasies. Die slagdemonstrasies duur 60 minute en voorbereidingdemonstrasies 90 minute. Besoekers kan dit bywoon teen R20 persoon. 120 mense kan per sessie toegelaat word.

? Doelgeboude verkoelingsleepwa waarmee jagters wildkarkasse van die jagveld tot by die huis of slaghuis kan vervoer, word vanjaar by HuntEx bekendgestel. Dit sal die wildvleis wat SA Butchery School tydens die skou in die demonstrasies gaan gebruik, koel hou. Dit is spesiaal ontwerp om karkasse higiënies en in ? beheerde temperatuur te vervoer tot by ? slaghuis of tuis vir verwerking. Die prototipe sleepwa kan ? vrag van 1400kg akkommodeer en is ook toegerus met ? hystoestel om die laai van veral groot karkasse soos ? eland of koedoe te vergemaklik. Besoekers kan die waentjie van nader beskou by die demonstrasie-verhoog in Saal 3.

HuntEx2015 stel vanjaar ook Die Boma bekend wat beter voorsiening maak vir besoekersvermaak en -gerief. Die Boma is 'n omheinde gebied oorkant Saal 3 waar besoekers kan ontspan, kuier en etes koop. Hannes Brummer, gewilde akteur en komediant, sal tydens HuntEx alle belangrike aankondigings vanuit Die Boma maak. Die Boma sal alkoholiese en ander drankies, kos, braaivleis, musiek en grootskerm TV verskaf. Geeneen van die ander restaurante by HuntEx mag alkoholiese drank tydens die skou verkoop nie. Die enigste ingang na Die Boma is oorkant die mesmakers se ruimte naamlik Sharp Corner onder Saal 3. Toegang tot Die Boma kos R20 per persoon. ? Veilige onderdak-speelterrein vir kinders is ingerig in The Estate Restaurant wat tussen Sale 4 en 5 geleë is, naby die Die Boma.

Daar sal ook 'n musiekkonsert wees by HuntEx op Saterdag, 25 April om 19:00 vir die immergewilde Riders from the Storm in die Gallagher Auditorium. Bekende musikant Mel Botes het Riders from the Storm ? paar jaar gelede saamgestel uit top rock kitaarspelers, sangers en komponiste wat legendariese treffers van onder andere The Doors, Santana en Toto laat herleef. Kaartjies na Riders from the Storm is beskikbaar op die HuntEx webwerf by huntex.net Pryse wissel van R100, R180 en R200. Daar is ook ? beperkte aantal kaartjies teen R250 wat toegang tot HuntEx en die konsert insluit.

Die gewilde HuntEx Lotery word vanjaar weer gehou en uitstallers soos Formalito en Safari and Outdoor het ruimhartig bygedra tot die pryse. Formalito borg onder andere 'n Sauer-geweer ter waarde van R40 000; 'n CZ-geweer ter waarde van- R18 000; en 'n Remington-geweer ter waarde van R12 000. ? Savage-geweer kan elke dag gewen word en twee gewere sal op die laaste skoudag, 27 April, weggegee word. Inskrywings vir die lotery is gratis. Die toegangskaartjie tot HuntEx dien ook as die lotery-inskrywing. Deelnemers hoef net hulle kaartjie in die spesiale houers by die by inligtingstoonbanke te plaas.

HuntEx2015 het vanjaar ook al die jagbestemmings en jagoperateurs op een plek in Saal 4 bymekaar. Jagters wat nog nie ? jagplek vir die 2015-jagseisoen het nie, sal dus daar geholpe kan raak of beter kan beplan vir die 2016 jagseisoen. Baie van hierdie jagbestemmings het vrystelling en kan dus jaggeleenthede buite die jagseisoen verskaf.

Sowat 346 uitstallers van suidelike Afrika, Europa, Noord-Amerika en die Midde Ooste stal vanjaar hulle nuutste produkte en dienste in sowat vyftig verskillende kategorieë uit. Meer inligting oor die uitstallers, waar om hulle by HuntEx2015 te besoek, uitstalsale se vloeruitleg en skakels na uitstallers se webwerwe is beskikbaar op www.huntex.net

Die verskillende kategorieë sluit onder andere in:
"¢ vuurwapens waaronder haelgewere, hand- jag- en sportskietwapens
"¢ luggewere
"¢ wapenkluise
"¢ ammunisie en toerusting vir diegene wat self patrone laai
"¢ optiese toerusting soos teleskope en verkykers;
"¢ boë en boogskuttoebehore
"¢ taksidermie
"¢ opleiding (professionele jagters, skietvaardighede)
"¢ messe
"¢ hengeltoerusting
"¢ lugvervoer, vliegtuie en helikopters/hommeltuie (drones)
"¢ kampeertoerusting
"¢ voertuie, karavane en sleepwaens
"¢ klerasie soos skoene, kamoefleerdrag, beskermende klere en toerusting soos oor- en oogbeskerming
"¢ kommunikasietoerusting, internet, GPS en akoestiese opsporingstoestelle
"¢ boeke, tydskrifte, DVDs
"¢ voedsel, wyn en spyseniering, vleisverwerkingstoerusting
"¢ juwele
"¢ produkte en dienste vir die wildbedryf soos veeartsenykundige dienste en farmaseutiese produkte, voer, omheinings, wildvangtoerusting en transport
"¢ sekuriteits- en teenstropingsdienste


40 226 besoekers het HuntEx in 2014 besoek en met die toevoegings tot vanjaar se skou is die kanse vir ? nuwe besoekersrekord baie goed. Om vroegtydig kaartjies te koop sal dus 'n goeie idee wees.

Die kostes is as volg:
Volwassenes: R100
Lede van die volgende jagtersverenigings betaal halfprys indien hulle hul lidmaatskapkaartjie kan wys: SAJWV, CHASA, PHASA en NSA.
Onder 21 en studente: R50
Kinders onder 10: Gratis

Kaartjies is by die ingange beskikbaar, maar besoekers kan lang toue vermy en vooraf kaartjies (Drimac Bulletpass) aanlyn koop by huntex.net/tickets, en op Huntex se Facebook-blad. Betaling word met kredietkaart gedoen. Kopers sal per e-pos bevestiging van die kaartjie ontvang. Die webwerf is veilig en kredietkaartbesonderhede word nie gestoor nie. Elke kaartjie is uniek met sy eie stafiekode. Besoekers kan die kaartjie uitdruk en saambring HuntEx toe waar skandeerders die stafiekode sal lees en toegang verskaf. Besoekers kan ook die kaartjie op hulle selfone vertoon wanneer hulle by HuntEx aankom.

Datums en tye is as volg:
Saterdag 25 April: 08:00 tot 18:00
Sondag 26 April: 09:00 tot 18:00
Maandag 27 April: 09:00 tot 17:00

[ Back ]