Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe


Zimbi by HuntEx 2015
15 Apr 2015

Die Henry Big Boy
Die Henry Big Boy

Latest News

Zimbi het vanjaar 'n stalletjie by HuntEx wat beloof om 'n besoek die moeite werd te maak vir belangstellendes. Alle produkte wat by die stalletjie te koop gaan wees sal onderhewig aan 'n afslag op normale pryse wees.

Van spesifieke belang is dat die volle reeks Mauser M03 sowel as M12 modelle beskikbaar sal wees in die standaard kalibers wat wissel van .22-250 Remington tot en met .375 H&H Magnum.

Die Sako 85 reeks in kalibers van .222 Remington tot en .375 H&H Magnum sal ook te koop wees sowel as die Tikka T3 reeks in kalibers vanaf .223 Remington tot by .30-06 Springfield.

Vir diegene met 'n sagte plek vir die wapens van die Ou Weste gaan die reeks Henry hefboomaksie ("lever action"�) gewere wat te siene is beslis 'n trekpleister wees. Die pragtige geelkoper aksie van die Big Boy model in .357 Magnum en .44 Magnum staan beslis uit teenoor ander meer konvensionele cowboy gewere.

Benewens die wye reeks modelle wat per fabrikaat beskikbaarheid sal wees is daar ook goeie nuus vir fynproewers van gegrafeerde gewere. Elke dag van HuntEx sal daar 'n spesiale gegrafeerde model Browning, Sauer, CZ, Blaser of Mauser wees wat teen 'n ruim afslag te koop aangebied sal word.

Wat teleskope betref is die Swarovski Z3, Z5 en Z6 reekse beskikbaar asook Zeiss se Conquest en Terra reeks, almal teen spesiale pryse. Vortex se Viper en Crossfire reeks sal ook teen afslag aangebied word. Leica teleskope, afstandmeters en verkykers sal ook te siene wees.

Spesiale geweersakke en tasse sal te koop wees, en beide aluminium en sintetiese HDPE ("High Density Polyethelene"�) modelle word aangebied.

'n Kombinasie pakket van leer geweerbande tesame met 'n leer ammunisiesakkie vir montering op 'n geweerkolf sal ook beskikbaar wees as 'n spesiale aanbod, en sal 'n goeie present vir 'n vriend of dalk sommer net vir jouself wees.

Laastens sal Leco kleiduif teikens teen 20% afslag te koop wees tydens HuntEx, kopers sal egter die kleiduiwe na die tyd by Zimbi moet afhaal aangesien dit nie in voorraad by HuntEx gehou sal word nie.

Die Zimbi uitstalling kan by Stalletjie 246 in Saal 2 besigtig word.

[ Back ]