Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe


HuntEx 2015 Lotery en Program
15 Apr 2015

Click here to download file
Click here
to Download File


Latest News

HuntEx se lotery is altyd 'n hoogtepunt vir besoekers en vanjaar is daar heelwat om na uit te sien.

Van spesifieke belang vir skuts wat droom van 'n uiters akkurate langafstand roer is die Titan GRS Teiken model in kaliber 6,5x47 Lapua, ter waarde van R 34,970. Met 'n presisie verstelbare GRS kolf sal hierdie geweer 'n raakskieter soos min wees, en 'n prys wat die gelukkige wenner groot vreugde sal verskaf.

Ander vuurwapenpryse sluit in 'n Sauer geweer ter waarde van R40,000, 'n CZ geweer ter waarde van R18,000 asook 'n Remington ter waarde van R12,000.

Zimbi borg ook vier geskenkbewyse ter waarde van R2,500 elk.

Verder beloof die program 'n aantal baie interessante onderhoude. Johan Baxdenhorst van die Kyknet program Voetspore sal op al drie dae wat oop is vir die publiek praatjies hou oor sy wedervaringe in Afrika. Want sedert die jaar 2000 reis Johan Badenhorst en sy Voetspore-span Afrika plat.

Dan is daar ook 'n Amerikaanse besoeker, Michael Holm, van Federal Ammunisie. Michael Holm is die Senior Product Line Manager - Ammunition of Vista Outdoor Inc. in die VSA. Hy is verantwoordelik vir nuwe produk ontwikkeling en as ywerige jagter sal hy nuuskierige plaaslike jagters se vrae oor sy firma se produkte kan beantwoord sowel as inligting kan gee oor nuwe ontwikkelinge in die Amerikaanse ammunisie industrie.

Vir biltongjagters wat self graag hulle karkasse verwerk sal die slag en opsny van karkas demonstrasies ook van groot waarde wees.

Die HuntEx program is aangeheg as PDF dokument en kan afgelaai word.

Attached file: HuntEx2015 Programme.pdf

[ Back ]