Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Opleiding/Training


Herlaaifoute Om Te Vermy
02 Sep 2015

Beskadigde 45-70 dop
Beskadigde 45-70 dop
Photo: Shooting bench Facebook

Beskadigde Marlin geweer
Beskadigde Marlin geweer
Photo: Shooting bench Facebook

Skut se handbesering
Skut se handbesering
Photo: Shooting bench Facebook

Latest News

Die herlaai van ammunisie is 'n gewilde stokperdjie vir duisende Suid-Afrikaanse skiet entoesiaste. Vir sportskuts is herlaai dikwels noodsaaklik om hulle sport bekostigbaar te hou, en vir jagters bied herlaai die geleentheid om meer akkurate en beter gehalte ammunisie te skep.

Herlaai is egter 'n tydverdryf wat met groot omsigtigheid benader moet word, want ammunisie wat verkeerd herlaai is kan lewensgevaarlik wees. Pot-Shot het met Pierre van der Walt van Safari & Outdoor gesels om meer uit te vind oor foute wat te alle koste vermy moet word.

Eerstens is korrekte doplengte van kardinale belang. Herlaaiers moet aandag daaraan skenk om seker te maak dat verlengde doppe nie herlaai word voordat dit teruggesnoei is na die korrekte lengte vir hul gewere se kamers met 'n dopsnoeier ("case-trimmer"�) nie. Die risiko wat 'n verlengde dop inhou is dat die koeël in die dopbek vasgeknyp kan word wanneer die patroon in die kamer gelaai word. Sodra die skoot afgevuur word en die dryfmiddel ontbrand kan die koeël vir 'n breukdeel van 'n sekonde te lank vasgeknyp word omdat die nek so lank was dat dit saam met die koeël in die vryboor van die loop ingedruk is en dit kan geweldige hoë druk veroorsaak. Dit hou natuurlik die risiko in dat die patroondop in die kamer kan meegee - wat die geweer onherroeplik kan beskadig en rampspoedige gevolge vir die skut kan inhou.

Ook moet daar fyn gelet word op die vorming van sogenaamde "doughnuts"� by die nek-basis. Wanneer ontbranding binne 'n dop met 'n prominente skouer (.243 Winchester is 'n tipiese voorbeeld) plaasvind, kan die koper intern begin vloei na die bokant van die skouer en die onderkant van die nek. Dit beteken dat 'n interne verdikking plaasvind wat die onderkant van die koeël kan vasknyp en ook gevaarlik hoë druk veroorsaak wanneer die patroon afgevuur word. Benewens akkuraatheidsprobleme kan 'n "doughnut"� ook gevaarlike stremming op 'n geweer se aksie plaas wanneer so 'n rondte gevuur word.

Dan is dit ook noodsaaklik om doppe te inspekteer vir ringkrake net voor by die dop se web, veral met .303 doppe of gordel doppe ("belted"�) soos tipies gevind word op die magnum kalibers. 'n Swak plek naby die web kan tot gevolg hê dat die agterkant van die dop rondom afskeur en dit kan gasse terugdryf uit die slot in die skut se gesig in. Ernstige oogskade kan gely word op hierdie manier.

Verder kan die noodlot ook uitgetart word met die soeke na buitensporig vinnige koeëlspoed wat net behaal kan word teen drukvlakke wat buite die perke van 'n patroon se spesifikasies lê. 'n Patroon is ontwerp om tussen sekere spoed- en drukgrense te werk. Sodra daardie snelheidsperke oorskry word sal die interne druk ook toenemend in gevaarlike terrein beweeg. Enige swak plekke in 'n dop of in 'n geweer se aksie sal dan aan wesenlike risiko's blootgestel word, asook die skut.

'n Bykans gewaarborgde resep vir 'n ramp is as daar verwarring plaasvind tussen verskillende soorte dryfmiddels. Dit gebeur gewoonlik as manne om die herlaaitafel kuier of as meer as een tipe dryfmiddel tegelyk op 'n herlaaibank gebruik word. 'n Blik S365 het nie dieselfde eienskappe as 'n blik S335 nie, en dis noodskaaklik om die regte soort konsekwent te gebruik wanneer die dryfmiddel gegooi word. Blikomruiling het al tragiese gevolge gehad.

Laastens is dit ook van groot belang dat ammunisie wat in hefboomaksie gewere ("lever-actions"�) gelaai word se koeëls ingekrimp word. Elke keer wat 'n skoot gevuur word met so 'n geweer word die patrone in die pypmagasyn blootgestel aan terugskop ("recoil"�). Indien die koeëls los sit in die dopnek kan die koeël mettertyd teruggedruk word teen die dryfmiddel binne die dop en ook uiters gevaarlike hoë druk skep. 'n Berig op die Shooting Bench groep se Facebook blad het gewys hoe 'n Marlin 45-70 onherstelbaar beskadig is toe so 'n ongeluk met 'n skut gebeur het. Die skut was gelukkig om nie sy hand te verloor nie.

Die herlaai van ammunisie kan 'n uiters bevredigende tydverdryf wees, maar die grootste sorg en aandag moet geskenk word aan die proses om seker te maak dat dit vir die skut 'n veilige stokperdjie bly.

[ Back ]