Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

pmp

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

pmp

Kompetisie/Competition


Hartbeestak Groeperingskiet
01 Oct 2015

Latest News

Hartbeestak op Potchefstroom bied op 10 Oktober 2015 n PMP groeperingskiet aan op die Syferfonteinskietbaan die tuiste van die Hartbeestak buite Potchefstroom aan.

Plek: Syferfontein. (GPS. S26 42.828 ---- E27 19.136 )
Datum: Saterdag 10 Oktober 2015
Tyd: 08:00 eerste twee aflosse skiet stiptelik.

Inskrywings en meet: Begin 07:00.

Kostes: R140.00 per aflos wat twee teikens op een raam is wat per aflos geskiet word. ( R70.00 per teiken ) geen enkel teiken inskrywings sal aanvaar word nie.

Pryse: Soos voorsien word deur PMP vir elke kaliber wenner asook kontant pryse. En aanvullende pryse wat deur die Hartbeestak voorsien word. Algehele wenner mans, tweede plek mans, algehele wenner dames, tweede plek dames, algehele wenner junior seuns, tweede plek junior seuns, algehele wenner junior meisies, tweede plek junior meisies, plus aanvullende pryse en n gelukkige trekking. LET WEL: PMP voorsien ammunisie as pryse, maak seker jy bring jou wapen lisensie saam om jou prys te kan ontvang indien jy kwalifiseer. En jou lisensie moet ook getoon word wanneer jy aanmeld vir die meet proses.

Elke skut kan soveel keer hy wil inskryf, daar is geen beperking nie. Geen vooraf inskrywings sal aanvaar word nie. Daar sal op twee bane gelyktydig geskiet word. Die reëls soos van toepassing en neergelê deur PMP sal streng toegepas word. Geen wysigings of veranderings sal aanvaar word nie. Die besluite van die appêl komitee sal finaal wees.

Daar sal ook uitstallers wees met produkte vir die jag en vleis bedryf wat te koop sal wees of bestellings kan geplaas word. Bring vriend en familie saam en jou eie kampstoele. Verversings, koeldrank ens sal deur die loop van die dag te koop wees asook etes. Koffie sal in die oggend voorsien word. Die mikpunt is om 14:30 vir 15:30 met die prys uitdeling te begin.

DIE GEBRUIK VAN ALKOHOL VOOR OF TYDENS DIE KOMPETIESIE SAL NIE GEDULD WORD NIE EN SAL TOT DISKWALIFIKASIE LY.

Vir navrae kan die volgende persone geskakel word:
Andre Olivier: 0825681508
Ibert Joubert: 0845062486
Ons sien uit om u te verwelkom.

[ Back ]



pmp