Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Hierdie Bok Het G-e-u-r onder die Blad
25 Nov 2015
[In English]

Latest News

Ek het twee resepte vir 'n wildblad en ek vind dit uiters moeilik om tussen die twee te kies. Dus het ek besluit om vandeesweek die eenvoudiger een aan u voor te stel.

Tussen hakies, elke keer as 'n rugbyspeler vir skouerstamp gestraf word - iets wat in my speeldae heeltemal in orde was - word ek buitengewoon warm onder die kiewe. Dan troos ek my aan die geurige smaak van daardie bok se skouer wat in die vrieskas op my lê en wag.

Vir hierdie dis word benodig:

'n 1,5 to 2 kg wildblad
2 knoffelhuisies
sout en varsgemaalde swartpeper
80 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
1 wortel, gekap
300 ml beesaftreksel
3 groot, ryp tamaties, geskil en fyngesny
30 ml (2 dlp) tamatie-puréé
2.5 ml (1/2 tlp) gedroogde tiemie
150 g swart olywe
pietersielie, vir garnering
200 g ontskorste spek (bacon), in blokkies gesny
4 groot patats
1 pak gemengde groente vir die oond

Metode:

"¢ Skil die knoffel en sny dit in dun skywe. Stop die blad daarmee. Stop dit ook met die spek. Strooi ruim sout en peper op en vryf dit in.
"¢ Verhit olyfolie in 'n platboom-ysterpot en verbruin dit goed aan weerskante. Verwyder dit en voeg die gekapte uie, wortel en knoffel by en braai tot goudbruin.
"¢ Voeg die aftreksel, gekapte tamaties en tamatie-puréé by en geur die groente na smaak met sout en peper. Kook to kookpunt. Sit die skouer terug in die pot en besprinkel dit met tiemie.
"¢ Sit deksel op en prut liggies totdat die vleis sag is, sowat 2-3 uur.
"¢ Voeg die olywe by sowat 10 minute voordat die dis heeltemal gaar is.
"¢ Sodra die vleis gaar is, plaas dit in 'n verhitte opdienbord. Skep die vet van die sous af en skep die groente en sous rondom die vleis. Garneer en bedien warm.

Die Patats en Groente

"¢ Bak die patats in die skil 45 minute in die oond teen 180º. Sodra dit sag is, sny dit in dikkerige wiele en bak dit 'n halfuur in olyfolie in die oond.
"¢ Sit die roostergroente 45 minute teen 150º in 'n Pyrex-bak in die oond en giet twee dlp olyfolie daaroor voordat dit opgedien word.



GSG

lekker wild

w2c