Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Hoe affekteer die droogte vanjaar se jag?
20 Jan 2016

Latest News

Pot-Shot het die afgelope week 'n aantal navrae gekry van jagters wat wou uitvind oor ander jaggeleenthede aangesien bestaande besprekings by sommige plase gekanselleer is vanweë die heersende droogtetoestande.

Navrae deur Pot-Shot aan verskillende wildplase en belanghebbendes het laat blyk dat die grootste druk op jaggeleenthede as gevolg van droogte ervaar word in die Kalahari en dele van die Vrystaat.

Geraldine Richer van Biltongjagters het bevestig dat die terugvoer van jagplase uit die Vrystaat nie positief is nie.

Die droogte noop 'n klomp boere om eers te kyk hoe die reën binne die volgende paar weke val voordat 'n finale besluit oor 2016 se jagvooruitsigte geneem word.

Pryslyste van meeste van die plase op die Biltongjagters databasis is nog nie ontvang nie, en dit sluit Limpopo, Noord-Wes en Mpumlanga in, met boere wat eers duidelikheid wil kry oor die reënval.

Biltongjagters het bevestig dat jagters hulself gereed moet maak dat pryse vanjaar hoër sal wees.

"Die droogte affekteer beslis 2016 se jag, met wildpryse wat hoër is en in sekere gevalle sal jag op sommige plase glad nie vanjaar aangebied word nie"�, het Geraldine gesê.

"Vlakvarke se pryse het al gestyg to by R1,500 en rooibokke se pryse is ook heelwat duurder. Sommige plase vra al R2,500 vir ooie en groter ramme kan tot R3,500 kos."�

In dele van die Groot Karoo sal daar vanjaar wel jaggeleenthede wees afhangend van die streek.

Pampoenpoort het bevestig springbok jag aangebied sal word, maar meeste van die groter spesies is reeds verlede jaar afgehaal vanweë swak reëns.

Meltonwold in die Noord-Kaap (tussen Victoria-Wes en Loxton) het ook bevestig dat hulle vanjaar jagters sal neem, maar gegewe die pryse wat lewendige wild behaal sal jaggeleenthede meer beperk wees vergeleke met vorige jare.

In die Oos-Kaap is dit ook 'n gemengde prentjie. In Jansenville is dit steeds baie droog, maar goeie reëns in die Cradock en Molteno omgewing hou belowende vooruitsigte in. In die Tarkstad distrik sal jag vanjaar voortgaan gegewe goeie reënval.

Meer inligting sal beskikbaar wees teen Februarie oor jaggeleenthede soos pryslyste beskikbaar word en plase bevestig of jag sal voortgaan al dan nie.

Pot-Shot sal 'n opvolgberig doen om lesers op hoogte te hou van die vooruitsigte.

[ Back ]



T&J