Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Vingerleklekker Vlakvarkskouer
20 Jan 2016
[In English]

Latest News

Daar is weinig snitte wat kan kersvashou vir 'n vlakvarkskouer. Moet egter nie 'n grondwethofsaak daarvan maak in u voorbereiding nie. Hier is eenvoud die moeder van alle reseprate.

En daar lê die ding: ek het mense geken wat gesweer het hulle eet hogenaamd nie wildsvleis nie wat hulleso vraatsig ooreet het aan die vlakvark dat dit gelyk het asof dit hul laaste kans op 'n stukkie vleis was. Hulle was egter glad nie tevrede toe ek hulle later meegedeel het dat hulle inderwaarheid heerlik aan vlakvark gesmul het nie!

Die inkopielys behoort te bestaan uit:

2 kg vlakvarkskouer
4 lourierblare wat fyngekap is
3 tlps gemaalde koljander
4 gekpate knoffelhuisies
1 gerasperde suurlemoenskil
5 ml olyfolie
100 g varkvet
1 tlp sout en gemaalde peper
24 klein aartappeltjies

Voorverhit die oond tot 220?C. Meng die lourierblare, koljander, knoffel en suurlemoenskil met olyfolie en vryf dit in die vleis in. Stop die vleis met klein stukkie varkvet. Plaas die vleis dan in 'n braaipan en bak dit 30 minute. Verlaag dan die hitte tot 160?C, bedek die vleis liggies met foelie en bak nog 40 minute. Kook die aartappels in genoeg soutwater totdat dit sag is. Dreineer en gooi olyfolie daaroor om dit te bedek. Rangskik die aartappels om die vleis en bak dit 'n verdere 40 minute of todat die vleis deurgaar en die aartappels bros is.

Bedien dit saam met geroosterde en jy sit 'n maal voor wat geskik is vir 'n koning - of dan agt onderdane!



GSG

lekker wild

w2c