Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Optiks


Nuwe Boere Oorlog Kookboek
17 Feb 2016


MC Heunis en Twin Mosia
MC Heunis en Twin Mosia

Latest News

Liefhebbers van tradisionele Boerekookkuns se harte sal warm word wanneer hulle kyk na Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag. Want die boek is "n fees vir beide die oog én die maag.  

Hierdie eiesoortige kookboek bied nie alleen meer as 'n honderd Boerekosresepte nie, maar ook historiese inligting oor hoe kos ingesamel en gemaak is tydens die Anglo-Boereoorlog.

Die resepte word verder verweef met treffende foto's uit die oorlog en van geregte in die boek.

In terme van die meer historiese resepte is die fokus aan die een kant op disse wat die Boerekrygers op kommando voorberei het en aan die ander kant op gebak, soos President Steyn-koek en Generaal de Wet-koek, wat na die oorlog geskep is om die Boeregeneraals te vereer.

In een hoofstuk word byvoorbeeld vertel hoe beskuit en biltong stapelvoedsel was vir die burgers en ook hoe "stormjaers"� (vetkoeke) en kommandorys te velde voorberei is.

MC Heunis, een van die bydraers asook 'n ywerige jagter wat graag op die outydse manier met 'n voorlaaier jag, skryf dat vleis een van die burgers se hoofkossoorte was.

Die kwaliteit van die vleisporsies wat op kommando uitgedeel is, het egter dikwels verskil en daarom moes dit op 'n onpartydige manier onder die burgers verdeel word. Hiervoor is "n "vleeschkorporaal"� deur die manskappe aangewys.

Heunis vertel in "n latere hoofstuk ook dat die Boere nogal 'n soettand gehad het en dat geblikte plum-poeding, sjokolade, gouestroop, vla en kondensmelk van hul gewildste buit was.

"Dit is meestal as geskenke aan Britse soldate gestuur en die Boere het gewoonlik deur die pos, waarop beslag gelê is, vir dié bederwe gesoek."�  

Tussendeur die resepte is daar ook interessante inligting oor voorwerpe uit die Oorlogsmuseum se versameling. Daar is onder meer "n foto van "n lepel met kurkhandvatsel wat in die oorlog deur president MT Steyn gebruik is en ook porseleinware wat deur Boervroue begrawe is en sodoende behoue gebly het vir die nageslag.

Die boek is saamgestel deur personeel van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein. Heunis was ook deel van die span wat 'n toneel te velde vir die boek herskep het, en die hoë gehalte foto's van hierdie tonele skep 'n outentieke gevoel aan hoe maaltye op kommando destyds voorberei en geniet is.
 
Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag word uitgegee deur Tafelberg en is beskikbaar by alle goeie boekwinkels. Die aanbevole verkoopprys is R300.

[ Back ]