Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe


HuntEx Nommer Ses
16 Mar 2016


Latest News

Related Articles

Dis binnekort weer tyd vir HuntEx.

15 tot 17 April 2016 is die sesde keer wat hierdie uiters suksesvolle verbruikerskou by die Gallagher uitstalsentrum in Midrand plaasvind. HuntEx bly die grootste kleinkaliber vuurwapenskou in Afrika wat jaarliks al meer jag- en vuurwapengeesdriftiges van regoor Suid-Afrika en buurlande lok.

Besoekersgetalle by HuntEx2015 het alle verwagtinge oortref toe 45 521 besoekers die skou oor drie dae bygewoon het om 364 uitstallings in 53 kategorieë te besigtig. Adriaan Woudstra, organiseerder en eienaar van HuntEx, het bevestig dat 391 uitstallers reeds vir 2016 se skou bespreek het. Dit sluit handelaars en vervaardigers van Libanon, die VSA, Duitsland, Engeland, Namibië, Pakistan, Tanzanië, Oostenryk en Italië in. "Ons berei voor vir 'n nuwe rekord getal besoekers."

Woudstra sê die volgehoue groei en sukses van hierdie ekspo weerspieël 'n gesonde en vooruitstrewende wild-, jag- en sportskietbedryf in suidelike Afrika. Volgens syfers wat in 2015 by die Vuurwapenberaad bekendgemaak is, is 1,749 miljoen Suid-Afrikaners die wettige eienaars van drie miljoen vuurwapens. Hierdie wapens word vir 'n verskeidenheid wettige aktiwiteite gebruik soos jag, sportskiet, kompetisies, selfverdediging en as versamelaarsitems.

Jag- en sportskietverenigings regoor die land ervaar ook 'n oplewing in sportskiet as 'n stokperdjie of vir kompetisiedoeleindes. Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het in 2015 'n 30% groei in deelname aan skietaktiwiteite by sy 74 takke landwyd ervaar. Dit wil ook voorkom of veral vroue en jongmense hulle skietvaardighede wil verbeter. Al hoe meer vroue skuts verwerf plek onder die land se beste skuts. Sommige is studente wat skouer-aan-skouer teen ervare en ouer manlike skuts meeding.

"HuntEx is 'n inkopieparadys vir hierdie ontluikende mark en daarom fokus ons vanjaar op vroue in die jag- en sportskietbedryf. Ons het besef dat vir elke man wat jag en skiet, daar gewoonlik 'n vrou, vriendin of dogter is wat hom vergesel. Dit is dus 'n logiese stap vir HuntEx en sy uitstallers om spesifiek aandag aan vroue se behoeftes te gee," het Woudstra gesê.

Saal 5 by Gallagher gaan ook vanjaar meer klerereekse en buitelug toerusting vertoon wat spesifiek op vroue gemik is. Besoekers sal vanjaar ook vir die eerste keer 'n modevertoning van 'n gewilde Amerikaanse klere-reeks vir vroue in die Balsaal by Gallagher kan bywoon.

HuntEx bied vanjaar weer:
· die nuutste produkte en tegnologie vir die jag- en sportskietbedryf, taktiese en selfverdedigingswapens, optiese toerusting, ammunisie en herlaai-toerusting;
· gereedskap, toestelle, toepassings en dienste vir die jagter, sportskut en buiteluggeesdriftiges;
· gespesialiseerde kleredrag en skoene; messe, boogskuttoerusting;
· taksidermie, voertuie, kampering, hengeltoerusting en -jag- en vakansiebestemmings;
· ontwerpersjuwele en kunswerke;
· opvoedkundige praatjies en demonstrasies; en
· daaglikse lotery waarin volwassenes met hulle toegangskaartjie groot pryse soos gewere kan te wen.

Besoekers word aangeraai om kaartjies aanlyn te koop by http://www.huntex.net/tickets om lang toue te vermy.

Skoudatums en -tye:
Vrydag 15 April 09:00 - 18:00
Saterdag 16 April 08:00 - 17:00
Sondag 17 April 09:00 - 16:00
Die ekspo is ook oop op Donderdag, 14 April vir genooide gaste.

Toegangsfooie is as volg:
Volwassenes: R120.00
Lede van geakkrediteerde jagverenigings soos die SA Jagters en wildbewaringsorganisasie, pensioenarisse, studente onder 21: R60.00
Toegang is gratis vir kinders onder tien jaar.

Adres en parkering:

Gallagher Konferensiesentrum is in Richards-rylaan Drive19, Midrand, Gauteng. Parkering is by Gallagher beskikbaar teen R20 per voertuig per dag. Besoekers kan ook met die Gautrain tot in Midrand ry. Die HuntEx pendeldiens sal besoekers tussen die stasie en Gallagher Konferensiesentrum vervoer.

[ Back ]