Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe


Huntex 2016 Kompetisie en Lotery Pryse
13 Apr 2016

Latest News

HuntEx bied vanjaar tussen 14 en 17 April vir besoekers 396 stalletjies om na te kyk. Benewens die geleentheid om al die nuutstse wapens en toerusting op die mark te besigtig is daar ook 'n kompetisie en en die gebruiklike lotery wat beloof om groot aftrek te geniet.

Buffeljag Kompetisie

'n Buffeljag ter waarde van R225 000 by die gewilde Otterskloof Natuurreservaat te wen, is vanjaar beskikbaar. Die potensiële wenner gaan egter groot skietvernuf aan die dag moet lê voordat hy of sy hierdie gesogte prys kan opeis. Vir enige ervare en gerespekteerde jagter sal dít egter nie 'n probleem wees nie.

Die prys sluit die volgende in:
"¢ Buffeljag vir sewe dae by Otterskloof met luukse verblyf; 'n beroepsjagter en 'n voertuig; en die slag, bewerking en aflewering van die vleis (taksidermie uitgesluit)
"¢ 'n Sako .375 Classic Hunter-geweer (geborg deur African Outdoor Sports)
"¢ Ammunisie (fabriekvervaardig)
"¢ SIII LRMOA Sightron-teleskoop (geborg deur Nicolas Yale)
"¢ Vortex verkyker en afstandmeter
"¢ Klerasie van Wildebees

Belangstellendes kan 'n kompetisiekaartjie teen R500 koop by Otterskloof Natuurreservaat se uitstalling in Saal 4 by HuntEx. Alle deelnemers sal gedurende Julie in Balfour, Gauteng aan 'n skietkompetisie deelneem om die wenner van die prys te bepaal. Die kompetisie sal op 'n uitdun-grondslag plaasvind. Die wenner sal dan later vanjaar, waarskynlik in Oktober, die buffel by Otterskloof kan gaan jag.

Meer besonderhede oor die reëls van die kompetisie en die pryse is by Otterskloof se uitstalling in Saal 4 beskikbaar.

HuntEx Lotery

Gewere en ammunisie ter waarde van R50 000 kan vanjaar gewen word by HuntEx tussen 15 en 17 April. Elke besoeker se toegangskaartjie is ook 'n inskrywing vir die lotery waarin een gelukkige besoeker per dag 'n geweer en ammunisie kan wen.

Sedert HuntEx in 2011 vir die eerste keer gehou is, het die lotery nog elke jaar vir groot opwinding gesorg.

Formalito het die volgende lotery-pryse vir die skou geskenk:
"¢ Vrydag, 15 April: Remington mod.783 .30-06 Geweer ter waarde van  R11000 en vyf pakke Federal Fusion ammunisie vir medium kaliber ter waarde van R3300
"¢ Saterdag, 16 April: CZ Mallard 12Br O/U Haelgeweer ter waarde van R12000 en vyf pakke Federal Fusion ammunisie vir medium kaliber ter waarde van R3300
"¢ Sondag, 17 April: CZ557 Sporter .30-06 ter waarde van R17000 en vyf pakke Federal Fusion ammunisie vir medium kaliber ter waarde van R3300

Die trekking word elke dag om 14:00 in die Ballroom by Gallagher gehou. Enigeen kan die pryse wen, maar die kaartjiehouer moet teenwoordig wees met die trekking om sy prys in ontvangs te kan neem.

Indien die persoon nie teenwoordig is, nie, word 'n volgende kaartjie getrek. Soms word daar sommer 'n paar kaartjies getrek voordat die gelukkige wenner sy prys kan ontvang.

Op Saterdag, 16 April is daar ook 'n tweede baie spesiale prys wat in die trekking gewen kan word. 'n Skildery deur Ilse de Villiers "My place, my space"�, geraamde grootte: 108 x 98cm ter waarde van R17 500 sal in 'n gelukkige besoeker se huis kan pryk. Ilse stal ook van haar besonderse skilderye van wild en natuurtonele by HuntEx uit.

Besoekers aan HuntEx wat vir die lotery-trekking in aanmerking wil kom, moet hulle inligting op die toegangskaartjie voltooi en in die houer plaas wat naby die ingang by Gallagher sal wees. Wenners sal ook bewys van identiteit moet kan lewer voordat die prys aan hulle oorhandig kan word.

Verdere Inligting

Besoekers word aangeraai om kaartjies aanlyn te koop by http://www.huntex.net/tickets om lang toue te vermy.

Skoudatums en tye:
Vrydag 15 April 09:00 - 18:00
Saterdag 16 April 08:00 - 17:00
Sondag 17 April 09:00 - 16:00
Die ekspo is ook oop op Donderdag, 14 April vir genooide gaste.

Toegangsfooie is as volg:
Volwassenes: R120.00
Lede van geakkrediteerde jagverenigings soos die SA Jagters en wildbewaringsorganisasie, pensioenarisse, studente onder 21: R60.00
Toegang is gratis vir kinders onder tien jaar.

Adres en parkering:

Gallagher Konferensiesentrum is in Richards-rylaan Drive19, Midrand, Gauteng. Parkering is by Gallagher beskikbaar teen R20 per voertuig per dag. Besoekers kan ook met die Gautrain tot in Midrand ry. Die HuntEx pendeldiens sal besoekers tussen die stasie en Gallagher Konferensiesentrum vervoer.

[ Back ]