Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf
ibook

Algemeen / General


Veiligheid in die Jagveld
18 May 2016

Latest News

n Skietongeluk met tragiese gevolge het onlangs weer die fokus geplaas op vuurwapenveiligheid in die jagveld. 
 
Netwerk24 het berig dat "n koeël uit "n .308-jaggeweer vir Mossie Mostert (53) deur die dak van "n Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie in die kop getref het. Hy het voor in die passasiersitplek gesit tydens "n jagtog vroeër die maand in Limpopo. Mossie se 17-jarige seun Andries het gesien hoe sy pa voor sy oë sterf.
 
Die inligting wat tans oor die insident bekend is, is as volg:
 
- Mossie het Saterdag omstreeks 18:30 op die passasiersitplek van "n Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie gesit terwyl sy vriend, Christo Koen, "n professionele jagter, die bakkie bestuur het.
- Koen se broer, Kobus, ook "n professionele jagter, het agter Mossie gesit en Andries het agter Christo gesit.
- Fanie Fourie (42) van Burgersfort en Kobus se seun, Mias (10), het agter op die bakkie gestaan.
- Die bakkie het stadig gery en glo stilgehou op "n grondpad toe "n trop vlakvarke voor hulle in die pad was. Die vlakvarke het die bos ingehardloop en die bakkie het stadig vorentoe gery.

"Fanie se wapen was nie beveilig nie, hy het glo gemik na "n vark in die bos, maar sy balans verloor en gestruikel. Die skoot het afgegaan en deur die bakkie se dak gegaan,"� het Mossie se ander seun Jaco gesê.
Dieselfde koeël wat Mossie in die kop getref het, het in Christo se linkerkuit opgeslaan. Die koeël in Christo se linkerkuit is verlede Maandag verwyder.

Volgens Jaco was sy pa altyd uiters veiligheidsbewus wanneer hy gaan jag het. Hy sê daar was nie drank betrokke gewees nie, want Fanie is "n diabeet en mag nie alkohol drink nie. 

Kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Fanie het op die toneel inmekaargesak. Hy is per ambulans na die Maphuta-hospitaal gebring en is onder polisiebewaking en sal op "n aanklag van moord in die Phalaborwa-landdroshof verskyn wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word.

Jaco sê hy hoop die tragedie maak mense opnuut bewus van die gevare van agterlosigheid met vuurwapens tydens jagtogte. 

Ten spyte van die afwesigheid van drank asook die slagoffer se veiligheidsbewussyn staan die feit dat Mossie Mostert deur "n mede-jagter gedood is. Pot-Shot het gesels met "n paar bekendes in die jagwêreld oor hulle sienings rondom vuurwapenveiligheid in die jagveld.

Fred Camphor van SA Jagters sê dat hy en een van sy jagvriende vir langer as drie dekades al saam jag. "Ons het van dag een af al reeds ooreengekom dat elkeen van ons mekaar kan vra of sy gewere skoon is en daarop kan aandring dat my jagmaat die slot oopmaak en vir my wys dat daar nie "n rondte in die kamer is nie"�, vertel Fred.

"Ons het verder ook 'n paar baie basiese veilgheidsreëls wat ons slaafs navolg. Niemand klim op of in 'n voertuig met 'n gelaaide wapen nie. Die wapen is veilig en die slot is oop. Geen wapen word op of in enige voertuig gelaai nie. 'n Geweer word slegs gelaai wanneer jy reg is om na 'n spesifieke dier te skiet. Enige wapen se loop word te alle tye weg gehou van enige mense. Jy trek nooit 'n skoot af as jy nie kan sien waar die patroon sal heengaan en waar dit sal stop nie."�  

Andre van der Westhuizen van SA Wingshooters voel baie sterk daaroor dat gewere ten alle tye ongelaai en met "n oop slot gedra moet word.

"Die enigste tyd wat "n geweer "n rondte in die kamer het met "n toe slot is wanneer jy op die punt is om "n skoot of "n teiken te vuur. Dis sedert my kinderjare deur my pa by my tuisgebring"�, sê Andre.

Volgens Andre moet jagters ook kennis dra van die wetgewing wat van toepassing is op die plase waar hulle jag.

"Jagters moet onthou dat dit teen die Natuurbewaringsordonansie se wetgewing is om van "n voertuig af te jag, tensy die jag op "n P3 vrygestelde plaas plaasvind ('n klassifikasie wat geld vir Limpopo), en dan ook net wanneer jy die diere jag wat op die vrystellingspermit verskyn. Byvoorbeeld as "n persoon op "n vrygestelde plaas jag, maar vlakvarke is nie op die vrystellingspermit gelys nie, dan mag die persoon net hierdie spesie jag streng volgens die Natuurbewaringswetgewing van daardie provinsie, wat sou geld vir enige 'oop" (nie vrygestelde nie) plase."

Izak Theron is "n professionele jagter by die bekende jagplaas Jules of the Karoo, en ook hy benadruk die erns van vuurwapenveiligheid by jagters.

"By ons is dit "n reël dat daar geen alkohol in die jagveld toegelaat word nie. Sodra die jagters klaar gejag het vir die dag is hulle natuurlik welkom om "n drankie te geniet, maar alkohol en gelaaide gewere werk nie saam nie."�

Verder is dit "n vereiste dat alle gewere ongelaai is, nie net die kamers nie maar ook die magasyne, wanneer jagters op die bakkie klim om veld toe te gaan. Wanneer jagters weer na "n dag in die veld opgelaai word geld dieselfde reëling.

"Met voorsitjag is daar oorgenoeg tyd vir jagters om hulle gewere in die veld te laai nadat hulle afgelaai is"�, is Izak se siening.

Dis vir Izak belangrik dat jagters die erns van vuurwapenveiligheid moet verstaan. 

"Wanneer ek vir iemand vra of sy geweer skoon is en dan wil kyk of dit die geval is dan is dit nie om die jagter te beledig deur te insinueer dat hy nie weet hoe om met sy vuurwapen te werk nie"�, sê Izak.

"Ek wil net seker maak dat almal veilig is, want "n skietongeluk kan baie skielik en maklik plaasvind indien basiese vuurwapenveiligheid nie toegepas word nie."

[ Back ]



lekker wild

pinot